Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kopers-skarrel-oor-wolprys-styging

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kopers skarrel oor wolprys-styging

 
THEUNS BOTHA

Ofskoon daar al 'n geruime tyd lank aanduidings is dat wolpryse verbeter, het die jongste styging van 10 % met die opening van die seisoen die mark verras. Dit plaas wolkopers in 'n moeilike situasie om die volle styging onmiddellik aan hul klante oor te dra, sê mnr. Derick Pape van die Modiano-kopershuis. Modiano was verlede jaar een van die belangrikste kopers van Suid-Afrikaanse wol.

Pape het aan Landbouweekblad gesê die ergste droogte in bykans 'n eeu in Australië is die vernaamste rede vir die styging. "Daar bestaan ook vrese dat minder wol as wat aanvanklik verwag is in die tweede helfte van die seisoen aangebied gaan word. Groot bestellings is ook gedurende die Kersreses by Chinese wolverwerkers geplaas. Om hul kontrakte na te kom, was die Chinese verplig om met mening tot die mark toe te tree. Dit het die mark verder ondersteun."

Pape sê die verswakking van die rand én die Australiese geldeenheid teenoor die Amerikaanse dollar is deels verantwoordelik vir die beter pryse wat boere nou ontvang. Die feit dat die prys tans sowat 75 % hoër is as verlede jaar dié tyd, dui egter ook op 'n onderliggende goeie vraag na die vesel.

"Hoewel daar aanduidings is dat daar in die volgende twaalf maande minder wol in die wêreld beskikbaar gaan wees, bestaan daar ook vrese dat indien pryse té gou té skerp styg, dit 'n ongunstige uitwerking op die vraag mag hê. Dit kan op sy beurt 'n demper op die mark plaas. Produsente moet daarop bedag wees dat die mark homself kan regstel," het Pape gewaarsku.

Mnr. Petrus de Wet, voorsitter van die NWKV, sê daar moet in gedagte gehou word dat die styging van 'n baie lae vlak kom. "Selfs al het die mark die afgelope jaar met meer as 70 % gestyg, is die prys steeds laer vergeleke met die vorige hoogtepunt".

"Hoewel dit 'n beweging in die regte rigting is — iets waarvoor boere dankbaar is — behoort die wolprys nader aan R60/kg te wees. Dít is dubbel die prys van lamsvleis en dit is waar die wolprys hoort."

De Wet sê hoewel 'n regstelling nie uitgesluit kan word, dit nie te drasties behoort te wees nie aangesien die voorraadvlakke tans relatief laag is en dit geruime tyd nog die geval sal wees.

26 Januarie 2007

0
 
 
  • 1615 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Streng beheer oor perde
  • Gebakte varktjops met appel
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction