Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Korog-dalk-beste-vir-biobrandstof

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Korog dalk beste vir biobrandstof

 
AMELIA GENIS

Korog het 'n blink toekoms as grondstof in die vervaardiging van etanol, het mnr. Ad Vrolijk van die Britse saadmaatskappy, Senora Bpk., tydens die opening van die sesde internasionale korogsimposium op Stellenbosch gesê.

Die druk wat regerings van talle lande toenemend op hul plaaslike brandstofbedrywe plaas om meer biobrandstof te gebruik, speel in die hande van die vervaardigers van bio-etanol en biodiesel. Klimaatstoestande bepaal gewoonlik watter gewas as grondstof vir die vervaardiging van bio-etanol gebruik word. In Amerika is dit byvoorbeeld mielies, in Brasilië suikerriet, terwyl kanola in Australië vir die vervaardiging van biodiesel gebruik word.

Vrolijk sê hoewel korog nog in die skadu van meer algemene grane, soos koring en rog, staan, sal produksiekoste en die doeltreffendheid van die vervaardigingsproses uiteindelik die deurslag gee. Triticale het 'n hoë styselinhoud, lae proteïen-inhoud en kan in marginale toestande gekweek word. Daarbenewens is die koste om korog te produseer, laag. Dit alles dra by tot 'n vervaardigingsproses wat aansienlik doeltreffender is as dié van ander gewasse.

In Swede word reeds goeie resultate met etanol uit korog behaal.

Die gebruik van korog as grondstof in die vervaardiging van etanol sal volgens Vrolijk kwalik kos uit mense se monde neem. "Ten spyte van vele navorsers se pogings kan korog nie juis as voedsel beskou word nie en sal dit maar altyd 'n nismark teenoor koring bly."

Vrolijk sê ook al voldoen korog aan alle tegniese vereistes vir 'n voergewas, is voervervaardigers traag om dit te aanvaar. Wat dus oorbly, is om dit in etanol om te sit.

Hy het voorgestel dat 'n korog-etanol-netwerk gevorm word om toetse te ontwikkel, navorsing en oplossings en geskikte plantmateriaal uit te ruil.

Die vierjaarlikse simposium van die internasionale korogvereniging (ITA) is vanjaar vir die eerste keer in Afrika gehou. Mnr. Herman Roux, prof. R. de V. Pienaar, die tegnikus en genetikus wat baanbrekerswerk op korogteling in Suid-Afrika gedoen het, dr. Anna Strzembicka van die Poolse instituut vir planteteelt en akklimatisasie in Krakou wat die Tadeusz Wolski-toekenning namens dr. Adam Lukaszewski van die Universiteit van Kalifornië ontvang het, drr. Henry Darvey, sekretaris van ITA en dr. Francois Marais van die Universiteit van Stellenbosch het die opening bygewoon.

15 September 2006

0
 
 
  • 1242 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Spinasie-en-aartappelgebak
  • A staan ook vir Aansteeklike blindheid
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction