|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die Crispy Groep van Ceres het in die boekjaar tot 31 Mei 2008 "besonder goed gevaar", sê mnr. Gys du Toit, voorsitter van die onderneming.
Dié groep is 'n vennootskap tussen die Dutoit Groep en sy werknemers. Dit is in 2007 op die been gebring toe die bemagtigingsmaatskappye Crispy Coolers (Edms.) Bpk. en Crispy Farming (Edms.) Bpk. saamgesmelt het.
Die groep het 'n gekonsolideerde netto wins voor belasting van sowat R11 miljoen behaal. 'n Dividend van R2,6 miljoen is verklaar, waarvan meer as R1,6 miljoen aan aandeelhouers in Crispy Beleggings Bpk. betaal is.
Crispy Beleggings verteenwoordig 1 365 werkers van die Dutoit Groep en het 'n 64,9%-aandeel in die Crispy Groep. Die Dutoit Groep besit 'n 32,3%-aandeel in die groep en Duperbel Bpk., wat die Dutoit Groep se personeel verteenwoordig, besit die res.
Crispy Coolers, wat in Maart 2003 gestig is, het 'n netto wins voor belasting van R3,49 miljoen gelewer en Crispy Farming het R7,6 miljoen in netto wins gemaak. Laasgenoemde bestaan uit ses plase in die Warm-Bokkeveld en is nou gewaardeer teen R35 miljoen sonder enige skuld.
"Gemeet aan die doelwitte vir die groep asook die finansiële prestasie, het ons besonder goed gevaar. Die winsprestasie van die afgelope jaar oortref alle verwagtinge. Ons het ons ten doel gestel om aandeelhouers te vergoed en is bly dat ons dividendbetalings kon maak," sê Du Toit.
23 Oktober 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24