|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek het 'n kanaal wat toegegroei is onder riete. Hierdie kanaal loop egter in 'n dam in waar daar vislewe, paddas ensomeer is. Ek moet die kanaal skoon kry sodat die watervloei kan verbeter na die dam toe. Watter onkruiddoder kan ek gebruik om die riete te bestry sonder om die omgewing skade aan te rig.
Jaco
Riete word normaalweg met glifosaattipe onkruiddoders behandel en daar is verskeie wat wel daarvoor geregistreer is en wel sodanig aangewend mag word. Glyphosate 360 (bevat glifosaat isoprpopielamiensout 360 gram per liter, registrasienommer L4756) sal die riete onder beheer bring.
Die riete moet aktief groeiend wees en best tyd vir aanwending van die onkruiddoder is begin van die somer. Volg die etiket vir die korrekte dosering en gebruiksaanwysings. Hierdie formulasie van glifosaat sal nie skade aan akwatiese organisems aanrig as die produk volgens etiketvoorskrifte aangewend word nie.
Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn van die Griffon Gifinligtingsentrum.
2 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Jaco,
Dr Verdoorn is reg met sy aanbeveling. Alhoewel ek nie weet waarvandaan jy skryf of waar die probleem voorkom nie, het jy moontlik met fluitjiesriet (daar is twee inheemse Phragmites spp. in SA) of papkuil (Typha capensis) te doen. Hierdie plante is aangepas om in water te groei en kan effektief met glifosaatgebaseerde onkruiddoders behandel word. Nie alle onkruiddoders in hierdie groep is egter spesifiek geregistreer vir beheer van die plante nie en jy sal dus nie op die etiket inligting kry tov dosisse, ens. nie. As die riete egter nie IN die water groei nie, sit jy dalk met Spaanse riet, waarvoor daar na die beste van my wete net twee middels geregistreer is. Spaanse riet kan wel chemies beheer word, maar soos met alle aanbevelings, moet mens streng by voorskrifte hou om 'n hoë mate van sukses te behaal. Jy is welkom om my te kontak vir meer inligting.
Ferdie Jordaan
Arysta Lifescience
ferdij@arysta.co.za
Dankie soek al maande na n gif wat sal help met my riete probleem
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)