|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Watter chemikaleë kan 'n mens vir opkoms onderdrukking spuit saam met Roundup op mielies, aangesien Atrazien en Roundup met mekaar reageer?
Vooropkoms onkruiddoders moet aangewend word voordat die gewasse aangeplant word terwyl Roundup (glifosaat isopropielamiensout) op reeds staande onkruide aangewend word. Dit is sterk te betwyfel of daar enige onkruiddoders direk in ‘n tenkmengsel met Roundup gemeng kan word. Die beste is om die etiket te lees want dit sal aandui welke ander middels, indien enige, saam met Roundup gemeng mag word.
Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn, van die Griffon Gifinligtingsentrum.
2 Februarie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
So ons kan nou maar Doom snuif en dagvaar omdat dit ons gaan siek maak? As hy in 'n gif tenk klim sonder die nodige PPE hoe kan hy verwag om nie die goed in te asem nie? Eish.
Artikel in die Pretoria News
http://www.pretorianews.co.za/monsanto-guilty-of-chemical-poisoning-1.12...
Hier is 'n voorbeeld van 'n produk wat altwe reeds bevat.
kansas groete
http://www.kellysolutions.com/erenewals/documentsubmit/KellyData/ND/pest...
onbekend...daar is verskeie gerigstreerde produkte hier in die VSA wat saam met Roundup voor en na opkoms gespuit kan word. Ek stel voor jy praat met jou lokale gifsmous vir meer inligting. As hy ook nie weet nie, stuur my 'n boodskap dan sal ek jou probeer meer inligting of links stuur.....dalk is dit nog nie in SA beskikbaar nie.
Het persoonlik na die uwe meneer don huber geluister so week of wat terug hier in die VSA. Hy het beslis meer as een varkie verloor erens lnags die pad. Binne enkele minute nadat hy 'n lesing gegee het, het verskeie ander "regte" geleerdes sy stellings en aantuigings verkeerd bewys...ook met "feite". Ek stel voor julle begin met regte boere praat wat jaar na jaar produkte volgens etiket gebruik en hoor wat se sukses en probleme hulle met sekere produkte het en ondervind, voordat julle twak in die ruimte in stuur op hoop vir sensasie. Ons regte boere is nou al redelik tot matig keelvol om elke oomblik wat ons kry mede boere en die publiek te leer om bietjie self studie en huiswerk te doen voordat hulle die polisie bel....omdat die buurman nou iets nuuts gedoen het en dit laat jou regter toon opswel....
groetnis uit kansas
Gaan doen asb so bietjie navorsing oor roundup , goeie begun punt is : http://www.naturalnews.com/031138_Monsanto_Roundup.html
ek ook die maatskappy wat dit vervaardig , Monsanto
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)