Chemikalieë

Vra 'n vraag
  • Kewers veroorsaak skade

    Goeie dag. Ons het van hierdie latte langs die pad gekoop waarmee mens die tuine mooi maak. (dividers) Ons sien dat daar wit poeier langs die latte op die grond lê en dat daar klein gaatjies in die latte is. Ons vermoed dit is dalk kewers? Wat kan ons gebruik om die kewers dood te maak sonder om die rank plante voor aan te beskadig / doodmaak. Sal julle hulp baie waardeer! Byvoorbaat dankie!
    • Beheer van oliebome in lusern

      Is daar middels wat geregistreer is vir die beheer van oliebome in lusern?
      • Sementdam as swembad gebruik

        Ons wil nie geld bestee aan 'n swembad bou, aangesien ons swem seisoen baie kort is. Dus wil ons nou die bestaande sement dam gebruik vir swem. Hoe sirkuleer ons die water sodat ons chloor kan gebruik aangesien ons nie uit die dam uit nat maak nie, daar is aparte spreiers op vir die tuin. Ons het ook die dam heelwat korter gemaak en is nou besig om dit behoorlik te seel.
        • Vergiftiging met organofosfaat

          Hoeveel boere en werkers gebruik organofosfate sonder om behoorlike voorsorgmaatreëls te tref om hulself te beskerm teen moontlike vergiftiging? Ek het iemand raakgeloop wat vergiftiging opgetel het en deur sy ondervinding met julle te deel, mag dit dalk help dat so iets voorkom kan word.
          • Sinkfosfied is springhaasrot se moses

            DAGSE, WIL GRAAG INFORMASIE OF PROGRAM HE HOE OM SPRINGHAAS ROTTE TE BEHEER SONDER OM DIE NATUUR TE BENADEEL?
            • Aasvoëls en vleis

              Daar word blykbaar redelik wyd aanvaar dat aasvoëls nie aan karkasse sal vreet van diere wat deur weerlig gedood is nie. Aangesien sulke karkasse geen gevaar vir aasvoëls inhou nie en daar dus vir hulle geen evolusionêre voordeel sou wees om dit te vermy nie, is die gedagte vir my vreemd. Ek verneem dus graag wat ‘n aasvoëlkundige se waarnemings in hierdie verband is.
              • Bobbejane as predatore

                As jong boer wil ek vir julle ‘n vraag stel. Sal ‘n bobbejaan ‘n skaap dood byt en net die uier eet? Of watter ander roofdier maak so? Ek het die afgelope 6 dae 3 skape verloor. Die keel is gebyt soos ‘n kat sou, maar die tandmerke is groter as normaal. Net die uier van die skaap is weggeëet? Die ooie het ek ‘n week terug van die lammers af weggeneem. Ek vermoed dis ‘n jong bobbejaanmannetjie wat die…
                • Middel teen houtkewers in dakbalke

                  Ek is dringend op soek na ʹn middel om houtkewers in huise se dakbalke mee uit te werk. Kan u help, asb?
                  • Kan fonteinwater onkruiddoders neutraliseer?

                    Goeiedag, Ek wil net graag uitvind waste uitwerking het fonteinwater op onkruiddoders. Ek wil Roundup en 2,4-D spuit, maar party boere in die omgewing dink dat ek geld mors want fonteinwater neutraliseer die doders. Wat is u mening - sal dit waardeer. Dankie Sampie
                    • Aktiewe tydperk van gifstof

                      Ek het ongeveer 'n 2 jaar gelede 'n trekker-aangedrewe gifspuit (1000l kapasiteit ) gebruik om die gif Polytrim 200 EC van Villacrop te spuit teen die aanbevole sterkte (aktiewe bestandeel sipermetrien). Ek wil nou dieselfde spuit gebruik om 'n spuitdip (met Dazzel N F vir toediening op varke ) aan te dryf. My vraag is of die Polytrim wat voorheen in die spuit gebruik is nog 'n negatiewe uitwerking op die varke kan hê en indien wel, hoe kan ek…