Bestryding van riete

Vraag:

Ek het 'n kanaal wat toegegroei is onder riete. Hierdie kanaal loop egter in 'n dam in waar daar vislewe, paddas ensomeer is. Ek moet die kanaal skoon kry sodat die watervloei kan verbeter na die dam toe. Watter onkruiddoder kan ek gebruik om die riete te bestry sonder om die omgewing skade aan te rig. Jaco

Antwoord:

Riete word normaalweg met glifosaattipe onkruiddoders behandel en daar is verskeie wat wel daarvoor geregistreer is en wel sodanig aangewend mag word. Glyphosate 360 (bevat glifosaat isoprpopielamiensout 360 gram per liter, registrasienommer L4756) sal die riete onder beheer bring.

Die riete moet aktief groeiend wees en best tyd vir aanwending van die onkruiddoder is begin van die somer. Volg die etiket vir die korrekte dosering en gebruiksaanwysings. Hierdie formulasie van glifosaat sal nie skade aan akwatiese organisems aanrig as die produk volgens etiketvoorskrifte aangewend word nie.

Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn van die Griffon Gifinligtingsentrum.

2 Februarie 2012

30 Januarie 2012

1638 keer gelees | 1 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


fanie de coning

2012/10/21 04:44:43 PM

Waar kan ek rietdoder koop, ek woon in Kempton Park Groete Fanie 0832723677

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights