Chemikalieë

Bestryding van riete in dam

Vraag

Wat kan ek gebruik om riete in 'n dam mee te bespuit sonder dat die vis (Forel en Bass) sal laat vrek

Antwoord

Lees dr. Gerhard Verdoorn se antwoord:

Jy kan die riete ook as veevoer benut:

30 Augustus 2017


Kommentaar

Een kommentaar op “Bestryding van riete in dam

  1. Johan Badenhorst
    Johan Badenhorst

    Ons het Kilo max al baie doeltreffend met slektiewe lae druk bespuiting van blaar oppervlak aangewend op Typha capensis en Spaanse Riet in besproeiings damme , riviere en leiwater kanale. Kilo max is ‘n glyfosaat wat die beste gedurende die aktiewe groeifase van riete aangewend word . Gesels met dalk met Kobus van Conchem Saligna in Brackenfell .Onthou dat waterkwaliteit , deur die riete wat na twee weke gaan vergeel , platval en verrot in die dam , wel beinvloed gaan word deur die toevoeging van nutriente. Om dit te vermy is dit raadsaam om die riete dalk eers af te sny en te verwyder , en dan die plante op ongeveer 1 meter hoogte te bespuit , met ander woorde , waneer daar genoeg blaar oppervlak is , en sonder dat oormatige en spuitstof direk of onnodig met die water in aanraking kom. Waar riete bespuit is , het ons kleiner inheemse watergrasse en plante , amper onmiddelik weer floreer. Die toediening van gif moet maar altyd eers goed oorweeg word , veral met betrekking tot die tyd van die jaar waneer mens spuit . Hou maar ons voels en broeiseisoen in aanmerking


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.