Hoeveel droë gras vreet Dorper per dag?

Vraag:

Wat is die gemiddelde m/2 se droë gras (smutsvinger/oulandsgras) wat ‘n wit Dorper vreet per dag? Aannames: Grond en gras is optimaal bemes Tipiese hoeveld reenval seisoen (30km oos Vn Pretoria by Bapsfontein). Geen besproeiing. Weidingtyd: 10hoo vm tot 17hoo na middag Snags voorgeskrewe byvoeding in kraal. Nota: ek probeer ’n aanduiding kry v. hoeveel Dorpers/hektaar moontlik is?

Antwoord:

Die opbrengspotensiaal van Smutsvinger/Oulandsgras in u area is ongeveer 6 ton/ha.  In goeie reënjare wat goed oor die groeiseisoen versprei is, kan die opbrengs so hoog soos 8 ton/ha wees.  Vir beplanningsdoeleindes is my aanname soos volg:

  • Opbrengs van weiding:  6 ton/ha.  Hierdie produksie vind plaas in ongeveer 5 maande in die somer.
  • Weidinginname van een kleinvee-eenheid (KVE) wat 50 kg weeg  is ongeveer 550 kg per jaar, d.w.s. 1.5 kg/dag.
  • 90 % van die skaap se inname is vanaf die weiding en 10 % is saans in die vorm van byvoeding in die kraal.

Die drakrag vir 5 maande in die somer sal in die orde van 25-30 KVE/ha wees. In terme van ooie met lammers is dit 15-20 ooie/ha vir die 5 maande.

* Geskryf deur Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol, 083456363

 

5 Julie 2012

2411 keer gelees | 4 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Jehsi

2012/07/07 09:52:40 PM

Hi daar Ek groet julle uit n sidderende koue Namibia vanuit die Schlip area in die die Rehoboth distrik. Ek het laas jaar begin boer met boerbokke ongeveer ses kilometer van Schlip, op n huurbasis. Die plasie is maar tweehonderd hektaar en die grensdrade is die sogenaamde kamp van die plasie. Ek maak gebruik van n meerpaarstelsel genaamd die 1234-paarstelsel omdat ek die ramme nie op kraal kan hou nie. Die kudde is in twee groepe verdeel om my beplande getal van tweehonderd en vyftig vinnig te bereik en om die boerdery dan vertikal uit te brei. Die lammers gee ek vanaf twee weke n ram, lam en ooikorrel van Voermeester. Vir die ooie gee ek Veldafrondkorrels so vanaf ses weke voor lam. In die winter soos nou, gee ek die kudde Ekograsveldlek en as ons die bietjie reen kry n p6 aanvulling. Ek het baie ideale bv. eie grond, voerkrale op kleinskaal in Namibie en nog meer. Is ek op die regte pad? Ek wil alles uit hierdie Klein boerdery moontlik maak. Adviseer Asb tog! By voorbaat Dank


Andre Nel

2012/07/08 06:30:18 PM

Hendrik,Ek boer in die Klerksdorp area.Min of meer dieselfde toestande as persoon by Bapsfontein.Hoeveel boerbokke sal ek kan aanhou per hektaar om die jaar deur te sien.Wat beveel jy aan as byvoeding en hoeveel per bok?


Janbez

2012/07/19 04:31:26 PM

Hendrik van Pletzen antwoord as volg: Antwoord aan Jehsi: ‘n Goeie aanduiding of jy op die regte pad is, is om vas te stel wat jou speenpersentasie is. Die plaas se weidinghulpbronne bepaal tot ‘n groot mate wat die potensiaal is. Boerbokke beskik oor ‘n hoë reproduksievermoë en ‘n realistiese doelwit is dat 70 % van die ooie meerlinge moet lam en dat jy van elke ooi in die trop, 1.5 tot 1.6 lammers per lamseisoen moet speen. Antwoord aan Andre Nel. Soos reeds genoem, groei die weiding vir ongeveer 5 maande van die jaar in die somerreënvalgebied. Hooi moet dus gemaak word vir die maande wanneer geen groei plaasvind nie en die beraamde drakrag van bv. Smutvingergras is 8 tot 12 bokke/ha/jaar. Gee die volgende mengsel een maand voor die bokke begin lam en vir die eerste twee maande van laktasie: 150kg Voermol Maxiwolkonsentraat (V4985), 50 kg Voermol Procon33 (V12701), 250kg mieliemeel en 50kg sout. Gee 350-500g/ooi/dag. Groete Hendrik van Pletzen


SFS span

2012/07/23 04:06:54 PM

Gaan kyk gerus na SFS se webblad :www.sproutfeedingsystems.co.za.Ons het reeds n paar van die Fabrieke in Namibia en die manne daar kry baie goeie resultate.Lam gewigs toename van 140-160g per dag.Beskou die asb nie as n advertensie nie maar hulp wat ons aanbied vir boere in Namibia en SA.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights