Menu

Aangeplante weiding vir skape

Vraag:

Ek wil graag meer uitvind oor aangeplante weiding vir skape. Inligting soos bv. soorte saad om te saai, tyd van die jaar om dit te saai, hoeveelheid saad per vierkante meter, hoeveelheid skaap per vierkante meter, word benodig. Enige inligting sal baie welkom wees. Baie dankie.

Antwoord:

Skakel met een van die verteenwoordigers van 'n plaaslike saadmaatskappy [bv. Agricol
(021 – 9811126) of Pannar (056 - 2163000)] om die beste weidingsmengsel vir jou spesifieke omgewing en grondtipe te kry. Uit 'n voedingsoogpunt verkies ons 'n permanente gras/klawerweidingsmengsel. Skakel ook met verteenwoordigers van 'n kunsmismaatskappy [bv. Yara (011 – 3172000 of 021 - 8775300)] oor die bemestingsriglyne.

 
Hoewel hierdie weidings sekere tye van die jaar 'n baie hoë drakrag het, byvoorbeeld in die lentemaande wanneer die weiding baie vinnig en aktief groei, is daar sekere tye (bv. as dit baie warm of baie koud is) wat die drakrag laer is. 'n Konserwatiewe aanbeveling is ongeveer 25 tot 30 ooie per hektaar per jaar. Oortollige weiding, byvoorbeeld in die lentemaande, kan benut word deur die ooie gedurende daardie tyd te laat lam. Gedurende hierdie tyd kan eie en aangekoopte lammers ook gebruik word om die oortollige weiding te benut deur hulle daarop af te rond. Aangeheg is 'n proef wat in die verband in die Jamestown-omgewing gedoen is.
 
Ooie word 'n Maxiwollek (250 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 200 kg gemaalde mielies + 50 kg sout) gedurende laatdragtigheid (300 tot 400 g/ooi/dag) en gedurende laktasie (400 tot 500 g/ooi/dag) op aangeplante weiding gevoer. Dit is hoogs aanbeveel om eenkant droë ruvoer addisioneel by te voer om die ooie se melk se bottervetpersentasie te verhoog wat die lamgroei sal versnel. Aangesien hierdie weiding duur is, moet die lammers so vroeg moontlik gespeen word. Lammers moet daarom 'n kruipvoermengsel (150 kg Voermol
SS 200 + 150 kg Voermol Procon + 80 kg gemaalde mielies + 625 kg gemaalde mielies) ad lib. gevoer word. Lammers kan sodra hulle 25 kg bereik, gespeen word en dan op die weiding met Voermol Superlamkorrels of 'n Molovite-mengsel (50 kg Voermol Molovite + 50 kg gemaalde mielies) vir die slagmark afgerond word.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
17 Oktober 2010
 

17 Oktober 2010

8917 keer gelees | 2 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


LIZZY

2013/10/27 07:09:08 PM

WATS DIE NATUURLIKE VYANDE VAN DIE SKAPE


jan

2013/11/09 07:04:07 PM

Dankie vir u insigte, is daar in Mpumalanga ook toetse gedoen op ouland gras aanplantings vir skape, gee raad asb. Jan

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Tuli's se Elite-koei

    Mnr. Hennie Eksteen van die distrik Malmesbury se Tuli-beeste benut die marginale gronde op sy plaas uitstekend.

  • Die Angus-ras se Elite-koei

    Mnr. Chris Purdon van Cathcart se Angus-beeste het hom die afgelope 30 jaar deur dik en dun gedra.

  • Elite-koei by Bonsmaras

    Mnr. Philip Dreyer van Memel is bekend onder sy tydgenote as ’n teler wat die vermoë het om diere se teelvermoë raak te sien.

  • Nguni's se Elite-koei

    Die Nguni-teler, mnr. Ben Fyfer van Vryburg, se beeste vaar besonder goed in die streek wat as SA se Texas bekend staan.