|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek wil graag weet hoeveel en waarvan per bees gevoer moet word per dag. Ek wil die kalwers op plus minus 250 kg koop, in 'n voerkraal sit en dan voer en verkoop. Wat is 'n goeie vleisbees om in 'n voerkraal te sit en wat is 'n goeie massa om die beeste op te verkoop? Lourens Niewoudt
Die afronding van speenkalwers is eenvoudig en kan met slegs basiese fasiliteite gedoen word. Meng slegs 200 kg Voermol SB 100 met 800 kg gemaalde mielies of hominy chop. Begin met 3 kg van hierdie kragvoermengsel per kalf per dag op die eerste dag en verhoog dit elke derde dag met 1 kg per kalf totdat ad lib.-voedingspeil (ongeveer 2.5 tot 2.8 % van liggaamsmassa) bereik word. Voer vanaf die eerste dag eenkant ruvoer (bv. grashooi, strooi of mieliereste) ad lib. Daar moet altyd ruvoer beskikbaar wees anders gaan die diere hulle aan die kragvoer oorvreet wat tot laminitis, suurpens, opblaas en selfs vrektes aanleiding kan gee. 'n Kalf wat vanaf 250 kg tot 420 kg gevoer word, sal ongeveer 170 kg Voermol SB 100 en ongeveer 685 kg gemaalde mielies in die afrondingsperiode vreet.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24