Ek het huidiglik suiwer Dohnemerinolammers in my voerkraal. Ek speen my lammers op 'n baie vroeë ouderdom. Lammers ontvang dieselfde rantsoen met kruipvoer as wat hulle in die voerkraal ontvang. Met insit van lammers in die voerkraal het die lammers 18.4 kg geweeg en Ralgro ontvang. Die lammers het onmiddellik in die eerste week met 279 g/dag gegroei met 'n voeromset van 2.2:1. Die voeromset het in die weke wat gevolg het redelik verswak. Koue toestande het ‘n groot rol gespeel, maar temperatuur is nou gunstiger. Ek het die lammers nou al 7 weke gevoer en die voeromset oor die hele periode staan gemiddeld op 3.39:1. Die lammers weeg nou gemiddeld 34.6 kg. Ek wil weet tot op watter gewig ek die lammers moet neem om die maksimum wins uit hulle te genereer. Lammers ontvang afgeronde rantsoen sonder enige ruvoer apart behalwe 1ste week kry lammers 100 g lusernhooi saam met rantsoen. Hierdie syfers is 100 % akkuraat.
Die slaggereedheid van lammers hang van die betrokke ras af omdat dit deur hulle inherente fisiologiese ontwikkelingstempo bepaal word. Sommige rasse sit baie gouer vet as ander aan. Die vetheidsgraad of kondisie van 'n lam word gebruik om te bepaal wanneer hy slaggereed is. Vir die volledige antwoord klik op onderstaande pdf.