Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Beste meerjarige grasaanplanting in Pietersburg-omgewing

Vraag

Ek boer met Bonsmara beeste in Pietersburg omgewing. Het baie bloubuffel en witbuffels gras. Wil graag 'n meerjarige gras aanplant met die oog om meer massa deur die jaar aan te sit. Water is nie 'n probleem nie en die grond is sanderige rooi leem. Watter grassoort sal u aanbeveel dat ek aanplant? Iemand het Kow Kandy aanbeveel. Dankie. F.A. FERNS.

Antwoord

Deur: Prof. CHRIS DANNHAUSR

Die Blou- en Witbuffelsgras is van die beste om in die omgewing aan te plant. My vraag is of u nie voldoende groei kry nie? Indien dit die geval is, is daar ‘n ander probleem. Kow Kandy is ‘n goeie weiding, maar is eenjarig. Ek is naby u en u is welkom om met my ‘n afspraak te maak.

Geskryf deur: prof Chris Dannhauser, weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
17 Julie 2010
 

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen