Menu

Beste voedingsplan vir baie jong kalwers

Vraag:

Ek wil graag meer kennis kry oor wat ek in my situasie moet doen! Ek het verlede jaar matriek klaar gemaak en het nog nie my eie grond nie, maar ek huur 'n klein stukkie grond. Op die stadium koop ek jong kalwers aan en gee hul melk vir so 7 tot 8 weke en haal hulle dan af, maar nou kom my groot probleem, weiding! Ek het omtrent net 'n hektaar en daar is niks weiding nie! Sal ek die kalwers op 'n kragvoer kan sit soos by 'n voerkraal totdat hulle reg is of moet ek op 'n manier hoë opbrengs gras plant of moet ek lusern en tefbale voer? Ek wil graag my kalwers aan die voerkrale bemark, maar ek wil nie myself penaliseer oor ek hulle reeds gevoer het nie! Verder wil ek graag weet watter basiese inspuitings die kalwers moet ontvang en kan ek 'n groeihormoon gebruik en indien ek mag, watter sal die beste wees? My kalwers is reeds met volgende ingespuit, naamlik Norotrim; Vit.B Co; Vit A; Predef en sommiges Baytril.

Antwoord:

 

Heelwat inligting in die verband is reeds op www.landbou.com beskikbaar. Klik op Indeks na alle antwoorde, onder  Beeste Klik op Voeding en rol af na Kalwers en klik daarop.
 
Daar word nie genoem of dit suiwelkalwers of vleisbeeskalwers is nie. Daar word dus aanvaar dit is suiwelkalwers. Daar moet seker gemaak word of die kalwers voldoende biesmelk ingekry het, want dit is lewensnoodsaaklik om 'n goeie immuniteit teen siektes op te bou. Die ideaal is as die kalf binne die eerste 30 minute na geboorte 1½ tot 2 liter biesmelk inneem en binne die volgende agt uur nog 1½ tot 2 liter biesmelk om 'n gesonde immuunsisteem te verseker en weerstand teen siektes op te bou. Die totale daaglikse biesinname is ongeveer 8 tot 10 % van die kalwers se geboortemassa.
 
Kalwers moet verkieslik die eerste drie tot vier dae biesmelk ontvang waarna 'n melkvervanger (bv. Denkavit vir kalwers) gevoer kan word. Voer die melkvervanger daagliks teen ongeveer 10 % van liggaamsmassa, maar volg die riglyne soos deur die melkvervangervervaardiger voorgeskryf word. Voer die melk altyd teen dieselfde temperatuur om maagwerk te beperk. Die voer van koue melk is een van die redes vir opblaas en maagwerk by kalwers en daarom word aanbeveel dat die melk louwarm, maar altyd by dieselfde temperatuur, gevoer word. Voer die helfte van die melkvervanger in die oggend en die ander helfte laatnamiddag. Die beste is om die kalwers in individuele hokke aan te hou tydens die periode wat hulle melkvervanger gevoer word om siektes te beperk en te verhoed dat hulle aan mekaar suip. Op ongeveer 10 weke ouderdom behoort die kalf sy massa al te verdubbel het.
 
Voorsien skoon vars drinkwater van die begin (as dit dagoud-kalwers is, word die water eers vanaf vier dae ouderdom gevoer). Die kalwers moet egter geen toegang tot drinkwater minstens een uur voor en een uur na melkvoeding hê nie om "waterpens" en maagwerk te voorkom.
 
Die kalwers moet van die begin die volgende aanvangsmeel ad lib. tot op drie maande ouderdom gevoer word:
            100 kg gemaalde lusern (10 mm-sif)
            525 kg fyngemaalde mielies
            200 kg Voermol SS 200
            175 kg Voermol Procon
         1 000 kg TOTAAL
 
Die kalwers kan op vanaf 8 tot 10 weke ouderdom gespeen word, mits Frieskalwers minstens 1 kg/kalf/dag en Jerseykalwers minstens 800 g/kalf/dag vir drie agtereenvolgende dae van die aanvangsmeel gevreet het. Hou die kalf na speen vir nog 'n week in die hokkie op die aanvangsmeel. Daarna kan hulle na klein kampies geskuif word en in klein troppies verdeel word en sodra hulle drie maande oud is, kan na die groeirantsoen oorgeskakel word.
 
Na drie maande ouderdom word na die volgende groeirantsoen (ad lib.) oorgeskakel:
150 kg gemaalde lusern (25 mm-sif)
525 kg gemaalde mielies
200 kg Voermol SS 200
100 kg Voermol Procon
 40 kg Voermol Melassemeel
          1 015 kg TOTAAL
 
Hulle kan op bogenoemde groeirantsoen tot ongeveer 250 kg gevoer word en dan aan 'n voerkraal verkoop word of daar kan na die volgende afrondingsrantsoen (ad lib.) tot bemarking oorgeskakel word:
120 kg gemaalde grashooi (25 mm-sif)
550 kg gemaalde mielies
150 kg Voermol SB 100
 50 kg Voermol Procon
870 kg TOTAAL
 
Sommige produsente bemark Jerseykalwers op ± 340 tot 360 kg en Friese op ± 380 tot 420 kg lewende massa. Stel egter vas watter massa die mark wil hê.
 
Kontak die verteenwoordigers van saadmaatskappye oor die aanplant van weiding. Indien voldoende goeie gehalte, bemeste, aktief-groeiende groen aangeplante weiding beskikbaar is, kan die kalwers vanaf ongeveer 250 kg op die weiding geplaas word en dan tot bemarkingsmassa gegroei word deur die byvoeding van 1 kg Voermol Molovite per kalf per dag. Om die groei te versnel, kan die Molovite om die helfte met mieliemeel gemeng en teen 2 kg/kalf/dag gevoer word.
 
Skakel met jou veearts en verteenwoordigers van die Dieregesondheidsmaatskappye oor die geskikste inplantate asook 'n entings- en doseerprogram vir jou kalwers.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol (jasperco@iafrica.com)
 
25 Februarie 2012
 
Lees ook:
 
 
 
 
 
 
 
Klik op Indeks na alle antwoorde: onder Beeste klik op Afronding en dan op Kalwers
 
Onder Beeste klik ook op Kalwersgrootmaak
 
Onder Beeste klik ook op Kalwerprobleme

20 Februarie 2012

3382 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.