|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek het omtrent 2 ha aangeplante weiding met ''kow kandy" geplant vir my boerbokke. Ek het by iemand gehoor dat party sorghum plante blousuur kan veroorsaak in bokke. Will net weet of dit van toepassing is. Indien well watter ander tipe aangeplante weiding sal jy voorskryf?
Kow Kandy is 'n hibried tussen Soedangras en sorghum en is dus 'n tipe voersorghum. Alle voersorghums kan in 'n mindere of meerder mate blousuur produseer wat tot blousuurvergiftiging (geilsiekte) aanleiding kan gee. Die risiko vir blousuurvergiftiging is veral hoog wanneer hierdie plante verlep soos wanneer hulle aan strestoestande blootgestel word, byvoorbeeld vogtekort; warm winde; hael; ryp, ensovoorts. Jong aktiefgroeiende voersorghums wat nog kort is, is meer gevaarlik as plante wat heuphoogte is. Die beste benutting deur kleinvee word egter verkry indien dit nie langer as kniehoogte bewei word nie. Deur Hypo in die drinkwater (1 kg Hypo/200 liter drinkwater) te gooi, kan blousuurvergifting in 'n mate beheer word.
Gewasse soos Babala produseer nie blousuur nie. Die beste opsie is om een van die Saadmaatskappye te kontak oor watter die beste aanbevelings ten opsigte van gewasse vir jou tipe grond en klimaatstoestande is.
*Geskryf deur dr. Jasper Coetzee, tegniese direktuer, Voermol Voere
20 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)