Dierevoeding

Bone “sweepings” as veevoer

Vraag

Ek kan tans bone (gemengde bone - met en sonder peule) teen ‘n billike prys kry vanaf ‘n fabriek. Die bone maak nie die gradering standaard vir menslike gebruik nie en word verkoop as "sweepings". Ek het julle vorige artikels gelees m.b.t. - Akkerbone en akkerboonreste as veevoer, Suikerbone vir boerbokke, Suikerbone as voer vir skape en varke, waar julle aanbeveel dat dit nie meer as 10% van die daaglikse voeding uitmaak nie. Sal dieselfde geld as ek die bone deur ’n hamermeul sit en meng met die res van die voer en voerpille van dit maak wat ek dan aan my bokke voer? Dankie vir die advies.

Antwoord

Die antwoord is:  Ja, dieselfde beginsel geld met ‘n maksimum insluitingspeil van 10 %.  Ons is altyd versigtig met sogenaamde “sweepings” omdat die voedingswaarde onbekend is en baie kan wissel.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

12 September 2016

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.