|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek boer met bees in 'n area waar ondergrondse water baie sout is. Die gevolg is dat ons boorkostes honderde duisende beloop voor daar soet water gevind word.
Uit ondervinding het ek egter al agtergekom dat bees oor die algemeen water kan drink wat ongeskik is vir menslike gebruik. So ook het ek gesien dat jou Bos Indicus rasse ook minder vatbaar is vir sout/brak water as jou Bos Taurus rasse.
My vraag aan u is nou watter riglyn ek kan gebruik om te weet of ek boorgatwater kan gebruik vir beesboerdery al dan nie. Wat is die maksimum dele per miljoen sout/brakwater wat 'n bees kan drink?
Dis ’n nuwe plaas in ‘n verafgeleё deel in Afrika, so my logistiek laat dit nie werklik toe om bees af te laai op die plaas en elke keer die uitwerking van die water op 'n fisiese bees te toets nie. Ek moet eers my water & infrastruktuur regkry voor ek my bees kan inbring.
Ek sal u hulp in hierdie deel baie waardeer.
Vriendelike groete
Boer-in-Afrika
Dit is bekend dat diere wel water kan drink wat ongeskik vir menslike gebruik is. Indien die water egter te brak is (te hoë konsentrasie van sekere soute bevat), kan dit aanleiding gee tot 'n verlies aan aptyt; diarree; voortdurende dors; vertraagde groei; agteruitgang in kondisie; verlaagde produksie en verlaagde vrugbaarheid (Van der Merwe & Smith, 1991). Afwykende aptyt kom voor as groot hoeveelhede kalsium, magnesium en sulfate ingeneem word. Te hoë kalsium-, swawel-, yster- en molibdeeninname gee aanleiding tot verlaagde spoorelementabsorpsie weens hulle antagonistiese werking. Dit gee op sy beurt tot tipiese spoorelementtekortsimptome aanleiding.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24