|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
'n Leser vra vir meer inligting oor 'n deurbraak in prikkelvoeding en een van ons kundiges help.
Vraag:
Ek lees in die Landbouweekblad dat 'n deurbraak gemaak is met 'n nuwe prikkelvoedinglek. Gee my asseblief meer inligting hieroor.
Antwoord:
Meer as 30 jaar se volgehoue navorsing oor prikkelvoeding deur dr. Jasper Coetzee het waarskynlik tot een van die grootste voedingsdeurbrake die afgelope eeu gelei. Die konstante en uitstekende reaksie in terme van die verhoging van lampersentasie met die nuwe "prikkellek" is 'n aanduiding dat van die "vermiste skakels,"wat navorsers wêreldwyd al meer as 100 jaar ontwyk, dalk ontdek is.
Prikkelvoeding het ten doel om die meerlinggeboortes (fekunditeit) eerder as die besetting van 'n ooikudde te verhoog. Die aantal eiselle wat 'n ooi per hittesiklus afskei (ovulasie-tempo), bepaal die boonste limiet van die ooi se fekunditeit en dit word geneties beheer (Downing & Scaramuzzi, 1991). Die mate waarin 'n ooi haar genetiese reproduksiepotensiaal bereik, is afhanklik van omgewingsfaktore, waarvan voeding die belangrikste is (Downing & Scaramuzzi, 1991). Meer as 70 % van 'n ooikudde se reproduksietempo word deur voeding bepaal (Rowe, 2005).
Lees die res van die artikel deur op die skakel onderaan die artikel te klik. Dit is in PDF-formaat.
Les ook antwoorde:
Teling, vrugbaarheid en lamtyd
Teling
Ramme
Ooie
4 Junie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24