Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Dierevoeding / Distansie-tussen-koggelramme-en-ooie

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Distansie tussen koggelramme en ooie

Ingestuur deur Faffa op 8 Junie, 2011 - 05:57

Vraag

Ek het die volgende stuk in een van die artikels oor koggelramme gelees: "Suksesvolle koggel vereis verder dat ooie vir 'n periode van minstens 28 dae, maar verkieslik 35 tot 56 dae van enige manlike diere (bv. ramme, koggelramme, ramlammers, bokramme, takbokke, ens.) geïsoleer word. Een kilometer is voorgestel as die minimum afstand vir isolasie om doeltreffend te wees. Die isolering moet volledig wees omdat ooie reageer op die sien, hoor en reuk van ramme. Die koggelrameffek kan misluk as ooie op een of ander manier kontak, al is dit net vir 'n kort periode, met ramme maak."

Ek boer met boerbokke in die Pretoria Hartbeespoort-omgewing waar die bokke saans in 'n tronk met alarms moet slaap. Ek wil graag koggelramme gebruik vir die moontlike bevordering van meerlinge en die verkorting van die lamtyd is nie vir my so 'n probleem nie. Hoe gemaak as jy nie krale het wat 1 km van die ooie af is nie? Is daar 'n alternatief of is dit dan net geheel en al nie moontlik nie?

Antwoord

Deur: DR. JASPER COETZEE

Die nuutste navorsing wat tans aan die universiteit van Wes-Australië in Perth deur Trina Jorre de St Jorre (2010) gedoen word, toon dat indien elke keer nuwe (onbekende) koggelramme gebruik word dit dalk nie nodig is om die ooie en ramme een kilometer van mekaar te isoleer nie. Hierdie navorsing behoort binne die volgende paar jaar afgehandel te wees. Indien hulle voorlopige bevinding korrek is, behoort 'n goeie koggelrespons verkry te word, indien elke keer nuwe koggelramme gebruik word wat die ooie nog nie voorheen aangeraak, gesien of geruik het nie. 'n Ander opsie is natuurlik om die ooie met sponse te sinchroniseer en DMS (dragtige merrieserum) met sponsonttrekking te spuit. Indien hierdie ooie nie kunsmatig gesinchroniseer word nie, kan hulle ook natuurlik gedek word, maar omdat die meeste ooie dan binne drie tot vyf dae op hitte kom, kan slegs ses tot agt ooie per ram toegeken word. Hierdie kunsmatige gesinchroniseerde ooie sal dan ook binne drie tot vyf dae lam. Daarom moet, wanneer van hierdie metode van sinchronisering gebruik gemaak word, hierdie ooie in lamhokke laat lam word. 

Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
6 Junie 2011

Addisionele dokument

3
Gemiddeld: 3 (1 vote)
Jou gradering: Geen
  • 1207 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 'Wynboere moet risiko van wisselkoers bestuur'
  • Boere ry mielies bloots met etanol
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction