Domsiekte, melkkoors en magnesiumtetanie

Vraag:

Ek het probleme met melkkoors by veral tweelingooie wat in 'n intensiewe stelsel bestuur word. Daar is ook heelwat geel lammers. Die skape word 'n mengsel van Maxiwol, landelek, Procon, melassemeel en mielies gevoer. Die mengsel bevat 5 kg voerkalk per ton. Ruvoer is goed bemeste oulandsgras. Tans spuit ek die ooie met kalsium. Kan ek dit met voeding regstel?

Antwoord:

Drie metaboliese siektes kan by laatdragtige en lakterende ooie voorkom wat voedingsverwant is, naamlik domsiekte, melkkoors en magnesiumtetanie. Hierdie drie siektes is baie nou verwant en ontstaan weens 'n voedingstofwanbalans en/of -tekort. Al drie siektes kan deur die volg van die korrekte voeding- en bestuurspraktyke reggestel word. Skaapprodusente wat probleme met een of meer van hierdie siektes in hulle kuddes ondervind, word aangeraai om direk met dr. Jasper Coetzee (083 386 83 82 of jasperco@iafrica.com) in verbinding te tree sodat hy eers 'n diagnose van watter siekte voorkom, kan maak. Verder moet sekere voerontledings gedoen word voordat die probleem reggestel kan word. Sekere bestuurspraktyke, asook ongure weer kan ook hierdie siektes "trigger," maar die primêre oorsaak word deur voeding geïnduseer.

 
Lees ook:
    
     Domsiekte
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
19 September 2010

21 Julie 2012

2193 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights