Dierevoeding

Gars as voer vir ooie

Vraag

Ek het 'n garsland wat ek wou stroop, maar die land moes vroeg ryp gekry het want hy gee min en ligte saad. Die gars is klaar droog en staan omtrent 50 - 60 cm hoog. Kan ek nou ooie op die land jaag om dit maar op te eet en indien wel, watter tipe byvoeding kan ek gee?

Antwoord

Die risiko van suurpens bestaan steeds ten spyte van relatief min graan en ligte pitte.  Gee Voermol Landelek (V15414) om suurpens te voorkom en gee daagliks vars Landelek naby die waterkrip om goeie inname te verseker.  Voorsien ‘n minimum lekbakvreetspasie van 5 cm per skaap en die riglyninname is 200 – 250g per ooi per dag.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

1 Augustus 2017


Kommentaar

Een kommentaar op “Gars as voer vir ooie

  1. Dawie Krynauw
    Dawie Krynauw

    Volgens die vraag gaan die diere in die land vreet en kan dus nie gerantsoeneer word nie. Lekinname dus nie gewaarborg nie. Doseer Lacticon S en jaag hulle dadelik in en jy kan ontspan. Die goed bevat lewendige organismes en moet reg hanteer word.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.