Hooimaak en ruvoeropberging

Vraag

Ek het 40 hektaar Sugargraze gesny. Hoe lank moet dit lê voordat ek dit kan baal?

Antwoord

Deur: GERDIE LANDMAN

Hooimaak en ander metodes van ruvoeropberging

Inleiding
Hierdie kommentaar word gelewer op ‘n vraag oor die redes en verskille vir die maak van hooi teenoor kuilvoer. Dit is geskryf uit ‘n boer se perspektief en is bloot as riglyn bedoel vir beginners of mense wat basiese kennis oor die breë onderwerp soek.
Enige voergewas se voedingswaarde en smaaklikheid verswak sodra dit gepreserveer word. Voeropberging is egter noodsaaklik as mens voer van een seisoen na ‘n ander of van een adres na ‘n ander wil oordra. Voer kan gedroog en gebaal word of dit kan in die vorm van kuilvoer gepreserveer en geberg word.
Hooi word makliker oor lang afstande vervoer omdat die vog grootliks uitgehaal is. Kuilvoer werk beter as dit naby die voerplek gemaak kan word en bedoel is om voer van een seisoen na die ander oor te dra.
Hierdie is nie ‘n handleiding of ‘n voorskrif vir die maak van kuilvoer of hooi nie – daar is verskeie dokumente wat die detail voorskrifte bevat – gaan slaan dit na en volg kundiges se advies en voorskrifte hieroor.
Hooimaak
Suid-Afrika se klimaat maak dit moontlik om in groot dele van die land wel voer te sny en natuurlik te droog sodat dit as hooi gebaal kan word. Gewasse soos lusern, grasse soos oulandsgras en tef droog maklik en kan as hooi gebaal word. Die voginhoud van enige hooi moet verkieslik minder as 15% wees wanneer dit gebaal word. Bokant hierdie vogvlakke stik die voer en verlaag kwaliteit verder totdat dit muf en gevaarlik is om die voer vir dieregebruik te voer. (Sien aangehegte metode om die vog te bepaal)
 
Klein reghoekige baaltjies weeg gemiddeld 24 kg, maar raak uit die mode omdat dit baie arbeid verg om te hanteer. Ronde bale weeg 10 keer meer as klein reghoekige bale = 240 kg elk, is maklik en goedkoper om te maak, maar vervoer weer sleg en duur omdat dit moeilik pak. “Big Pack” reghoekige bale weeg weer dubbeld wat ronde bale weeg en is dus styf gekompakteer = 450 kg – laai maklik met laaivurk en vervoer die mees ekonomiese van alle verpakkings bale oor lang afstande…Big Pack voer moet droër gebaal word op 10 tot 12% vog – omdat die bale so styf gepers word, haal die bale nie asem soos ronde bale nie.
 
Kuilvoer
Gewasse soos mielies, sorghums en kleingrane is te dikstammig om hooi van te maak – daarom is dit beter om kuilvoer te maak. Dis beter om mielies, sorghum en kleingrane fyn te kerf en plat op die grond of verkieslik op ‘n betonblad vas te trap en die lug uit te pers om goeie kwaliteit kuilvoer te maak. Baardgewasse soos korog en gars maak ook swak kwaliteit hooi as gevolg van die harde steekare in die hooi. Daarom is dit beter om sulke gewasse liewers fyn te kerf en as kuilvoer te berg.
 
Meeste sorghums hergroei weer as mens hulle op sowat ‘n meter hoogte sny en die gesnyde voer van die land verwyder. Die nat, groen sorghum kan in daardie jong stadium ook maklik in ‘n voerrantsoen ingesluit word om as “Green chop” smaak en sappigheid aan die rantsoen te verleen. Dis egter belangrik dat mens dan die sorghum daagliks sny en wegvat na ‘n mengwa sodat dit nie eers verlep voor gebruik nie… omdat die stingels dik is, droog dit hopeloos te stadig en die volgende uitloop groeisel word belemmer as daar vir die volgende 10 tot 14 dae op en af daaroor getrap word om te hark en te baal. Mense wat sorghum vir hierdie doel aanplant, beplan die plantdatum om in pas te kom met die eweredige sny oor ‘n lang tyd.
 
Meeste kuilvoergewasse word in die sagte deegstadium vir kuilvoer gesny – druk die pitte hard tussen jou naels en as die stysel gevorm is en daar nog in die kiem van die pit melkagtigheid is, dan is die gewas gereed om vir kuilvoer gesny te word. Moenie te laat sny nie – dit het baie nadele… dink aan ontydige reën en breke op snytoerusting wat maklik die snyproses ‘n week langer kan laat duur… en dan is jy in die moeilikheid met swak uitpersing van lug, te veel lignien in die plantmateriaal – alles lei tot swakker diereproduksie omdat inname daal en verteerbaarheid laag is.
 
Die maak van ronde bale en daarna toedraai met plasties is die duurste en swakste metode van kuilvoermaak. Die hoop metode bo op die grond langs die land is die goedkoopste en die maklikste metode. Die kuilvoer hope word dan met plastiek toegemaak en met ou voertuig bande toegepak om die lug uit te hou.
 
Weigewasse
Dit bly die beste en die goedkoopste om diere te laat wei om aan hul voerbehoeftes te voldoen. Gewasse soos lusern en kleingrane is egter nie goeie weigewasse nie. Lusern veroorsaak opblaas by herkouers, kleingrane hergroei nie nadat dit in die pypstadium gekom het nie.   Dis nie maklik om weiding van een seisoen na ‘n ander oor te dra nie, vandaar die gebruik om kuilvoer of hooigewasse op ander grond as die weidings te plant.   Die beste weigewasse is raaigras en klawermengsels. Kikoejoegras is permanent en goedkoop sodra dit gevestig is. Ongelukkig is albei hierdie gewasse stikstof honger en dus duur om te onderhou.
 
Kikoejoe en raaigras moet ook gereeld met ‘n bossiekapper skoongesny word om te verhoed dat ou gras ‘n mat op die grond vorm. Die nuwe, vars uitgroeigras is weer smaaklik en hoogs verteerbaar met goeie diereproduksie tot gevolg. Die bossiekapper keer ook dat miskoeke opbou en dat diere dan selektief vreet.
 
Onthou net – “Swak raaigras is altyd beter as goeie kikoejoe…” Kikoejoe se sterkpunt is sy hoë drakrag… maar moenie te veel melkproduksie van kikoejoe verwag nie.
 
Plaastoets om die vogtigheid van voer te bepaal
 
Benodigdhede vir die bepaling van vogtigheid
  • Mikrogolfoond
  • 1 liter plastiese beker
  • 5 liter plastiese emmer  
  • 30 minute tydhouer
  • Pypsteel monster versamelaar – gholfstoksteel waarvan die kop afgesaag en skerp gemaak is werk baie goed. Penetreer die baal en druk die steel 30 tot 40 cm in die baal in vir ‘n goeie monster. Neem monsters van ten minste 10% van die bale op die sleepwa of vragmotor.
  • Sakrekenaar
  • Akkurate digitale skaal wat in gram kan weeg.
Metode
  1. Versamel ‘n verteenwoordigende monster van die voer in die plastiese emmer. Weeg 200 gram van die voer uit op die digitale skaal.  
  2. Vul die plastiese beker met 1 liter koue water en plaas tesame met die emmer wat die voer bevat in die mikrogolfoond. (Die water verhoed dat die oond ontplof of dat ‘n brand in die oond ontstaan)
  3. Stel die mikrogolf op 8 minute op "medium hoog" en skakel aan.  
  4. Na 8 minute, vervang die water in die beker, roer die voermonster en skakel weer aan. Herhaal die proses.
  5. Nadat die proses 4 keer herhaal is, word die voermonster geweeg en gevoel of die monster droog is. As dit droog voel, moet jy weet dat jy naby aan die einde van die droogproses is.
  6. Weeg die monster nou elke keer wanneer die water in die beker vervang word. As die gewig na 2 wegings dieselfde bly, weet jy dat al die vog uit die voermonster verdamp het en kan die finale berekening gedoen word.
  7. Wanneer die voergewig geval het van 200 gram tot 175 gram, kan die volgende eenvoudige berekening gemaak word:
 175/200 x 100 = 87.5%
 Droё materiaal (DM) = 100 - 87.5 = 12.5% vogtigheid.
As die voermonster se gewig tot 150 gram afgekom het, is die berekening as volg:
 150/200 x 100 = 75%
Droё material (DM) = 100 - 75 = 25% vogtigheid.
  1. Vir “droё hooi” is ‘n vogtigheidspersentasie van tot 16% veilig vir stoor. Bokant 16% kan hooi nie vir lang periodes gestoor word nie: die voer sal eers warm word, dan verkleur, dan verkleur tot ‘n bruin tabakkleur en vermuf.
 
Geskryf deur: Gerdie Landman, Mooimelk Koeihotel (gerdie@koeihotel.co.za)
 
14 Februarie 2010

Addisionele dokument

5
Gemiddeld: 5 (3 votes)
Jou gradering: Geen