|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Hoe vergelyk HPK 36 en oliekoek met mekaar in ’n proteїenmengsel. Wat is die beste?
Om 'n sinvolle vergelyking tussen HPK 36 en oliekoek te tref, moet bekend wees watter oliekoek dit is. Oliekoeke of te wel proteïenbronne kan in twee hoofgroepe, naamlik dié met 'n lae deurvloeiproteïeninhoud (bv. sonneblom, soja, kanola, lupiene, gluten 20, ensovoorts) en dié met 'n hoë deurvloeiproteïeninhoud (bv. vismeel, katoenoliekoekmeel, brouersgraan, gluten 60, ensovoorts) verdeel word. Dié met 'n lae deurvloeiproteïen word tot 'n groot mate in die grootpens van herkouers afgebreek en word daarom nie vir hoogsproduserende kleinvee (groeiende, laatdragtige en lakterende diere) aanbeveel waar 'n hoë vlak van produksie verlang word nie. Hoewel HPK 36 ureumvry is, is dit laag in deurvloeiproteïen en word dit dus nie vir hoogsproduserende diere aanbeveel nie.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24