Ons studente van die Pothefstroom landboukollege het inligting nodig oor die volgende onderwerp:
Die chemiese analise van veevoere.
Die vrae wat ons moet kan beantwoord sluit die volgende in:
Hoekom is dit nodig dat voerbestanddele geanaliseer word?
Watter metodes word gebruik?
Wat is die waarde en die betekenis van die toetse?
Enige inligting oor die onderwerp sal baie waardeer word.
Diere benodig daagliks 'n sekere hoeveelheid voedingstowwe (d.i. proteïen, energie, vesel, minerale, spoorelemente, vitamienes en water) om te kan produseer en reproduseer. Wanneer 'n rantsoen vir diere saamgestel word, moet dit aan sekere spesifikasies (bv. dit moet 'n sekere persentasie proteïen, energie, vesel, ensovoorts bevat) voldoen om te verseker dat die diere voldoende voedingstowwe gevoer word vir optimale produksie. Om dus 'n rantsoen behoorlik te balanseer, moet ons weet wat die voedingstowwe in elke grondstof is wat ons in die rantsoen gaan insluit. Aangesien die voedingstofinhoud van grondstowwe varieer weens grondsamestelling; bemesting; hoeveelheid reën; stadium van oes, ensovoorts moet elke "batch" grondstowwe wat gebruik gaan word in 'n laboratorium ontleed word. Volledige inligting in die verband kan uit die volgende handboeke, wat in Landboubiblioteke beskikbaar behoort te wees, verkry word: