Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Massatoename in kalwers

Vraag

Hoe lank neem dit 'n kalf van 80 kg om 'n gewig van 260 kg te bereik? Watter voer en hoeveel daarvan moet die kalf kry as hy op goeie weiding loop? Hoeveel gewig tel 'n kalf per dag op?

Antwoord

Deur: Dr. HANNES DREYER

U verskaf baie min agtergrondinligting. Om so ‘n vraag te beantwoord is die volgende onder andere van belang:

Is die kalf reeds gespeen van sy ma ? Is dit vleisbees- of melkbeeskalwers? Op watter weiding loop die kalf?
Algemene riglyne is die volgende:
By vleisbeeste word kalwers normaalweg op ongeveer 7 maande gespeen. Speenmassas kan varieer vanaf 180 tot 280 kg, afhangende van faktore soos bv. voeding , beesras, geslag van kalf om maar ‘n paar faktore op te noem. Indien ‘n geboortemassa van 35 kg aanvaar word en die speenmassa is 230 kg, dan is die gemiddelde daaglikse toename (GDT in gram) = 928 g (230-35 = 195 gedeel deur 210 dae). Vir ‘n vleisbeeskalf van 80 kg wat by sy ma loop, behoort dit dus 194 dae te neem om 260 kg te bereik. In die meeste gevalle sal ekstra voeding nie nodig wees nie, maar kruipvoer kan oorweeg word waar die melkproduksie van die koei laag is.
Indien dit melkkalwers is wat reeds gespeen is, sal die GDT laer wees (weereens afhangend van die ras) en sal die kalwers ‘n rantsoen bestaande uit ongeveer 70% kragvoer en 30% ruvoer moet kry. Kalwers kan begin word met 1 kg per dag en dit kan geleidelik vermeerder word tot ongeveer 6 kg per dag. Met goeie somerweiding en die rantsoen behoort kalwers ongeveer 225 tot 235 dae te neem om 260 kg te bereik (groei 700 – 800g per dag).
 
Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)
 
7 Maart 2010

Addisionele dokument

5
Gemiddeld: 5 (1 vote)
Jou gradering: Geen