Meng self voer vir suiwelkoeie

Vraag

Ek het ‘n klein melkery en wil self voer vir die koeie meng. Ek het mielies, lusern en tef. Wat kan ek nog gebruik en hoeveel?

Antwoord

Deur: Dr. JASPER COETZEE

 

Die koeie in melk kan 3.5 tot 4 kg lusernhooi plus 2 tot 3 kg tefhooi per koei per dag gevoer word. Die totale daaglikse ruvoerinname moet ongeveer 6 tot 7 kg per koei wees. Addisioneel tot die ruvoer kan, afhangend van die melkproduksie, 4 tot 6 kg suiwelmeel per koei per dag gevoer word. Dit is altyd 'n goeie praktyk om die helfte van die rantsoene in die oggend en die ander helfte in die namiddag te voer. Gewoonlik word die suiwelmeel tydens melking gevoer.
 
Afhangend van die grondstowwe beskikbaar, kan een van die volgende Suiwelmele 15 (15 % proteïen) gebruik word:
Suiwelmeel 15 (Mengsel 1)
            650 kg gemaalde mielies
             20 kg voerkalk
             15 kg Voermol Rumevite 12P
            300 kg Voermol Procon
            985 kg TOTAAL
 
Suiwelmeel 15 (Mengsel 2)
            700 kg gemaalde mielies
            200 kg Voermol Maximelk
            900 kg TOTAAL
 
Indien 'n Suiwelmeel met 'n 17 % proteïen verkies word, kan die volgende mengsel gebruik word:
Suiwelmeel 17 (Mengsel 1)
            550 kg gemaalde mielies
             20 kg voerkalk
             10 kg Voermol Rumevite 12P
            350 kg Voermol Procon
            930 kg TOTAAL
 
Suiwelmeel 17 (Mengsel 2)
            625 kg gemaalde mielies
            250 kg Voermol Maximelk
            875 kg TOTAAL
 
Geskryf deur: dr. JasperCoetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
11 Maart 2010

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen