Dierevoeding

Mieliereste, tef en soetsorghum vir ooie en ramme

Vraag

Ek is van Leeudoringstad in die Noordwes provinsie. Graag wil ek inligting hê oor wat ek alles saam met gemaalde mieliereste, tef en soetsorghum kan meng om `n gebalanseerde rantsoen te maak vir my teelramme en ooie. En dalk ook die verhouding waarin ek dit moet meng asseblief. Ek het al die bogenoemde ruvoer. Baie dankie.

Antwoord

Die volgende rantsoene is geskik vir teelramme en ooie tydens laat dragtigheid en laktasie

Bestanddeel Ramrantsoen (kg) Ooirantsoen (kg)
Mieliereste 150 150
Tef 150 200
Soetsorghummeel (graan) 200 200
Mieliemeel 250 200
Voermol SS200 (V8592) 200
Voermol Procon33 (V12701) 50 100
Voermol Maxiwolkonsentraat (V4985) 150
TOTAAL 1000 1000

Die ramrantsoen is ‘n veilige rantsoen met 30 % ruvoer en ramme sal nie vinnig vet word nie.  Die fokus is op ‘n gesonde ram met ‘n gesonde rumen en goeie semenkwaliteit.  Die ooirantsoen is volledig gebalanseer en kan net so vir laat dragtige en lakterende ooie gebruik word.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese bestuurde, Voermol (hendrikvp@mweb.co.za)

31 Augustus 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.