Oorwintering van speenkalwers op oesreste

Vraag:

Ek boer tans op die Hoёveld en as gevolg van die lae speenkalfprys wat tans ondervind word, wil ek graag by u hoor of 'n mens kalwers op oesreste kan oorwinter? Wat moet ek addisioneel byvoeg om hulle liggaamskondisie konstant te hou en as dit kan, gewig te laat optel?

Antwoord:

Speenkalwers kan met welslae op mielie-oesreste oorwinter word indien daar voldoende mieliepitte tussen die oesreste is en hulle 'n produksielek gevoer word. Meng Voermol Landelek in gelyke dele met mieliemeel (of klein pitjies/stropergruis) as 'n goeie gehalte produksielek en voer dit teen 1.5 – 2 kg van die mengsel/kalf/dag op mieliereste. Die kalwers sal in massa toeneem solank daar voldoende mieliepitte tussen die oesreste is. Indien die pitte min raak, moet die kalwers na 'n vars blok afgeoeste mielies geskuif word om hulle te laat aanhou groei. Die halfgevrete land kan dan verder bewei word met diere wat 'n laer voedingsbehoefte het. Die kalwers word dus vooruit bewei (voorkeurbeweiding) gevolg deur "sweepers" (dit is diere met 'n laer voedingsbehoefte). 

Vir meer inligting klik op die volgende skakels.
 
 
 
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
22 April 2012

21 April 2012

1477 keer gelees | 1 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Mare

2013/04/10 03:56:00 PM

Sal premix 450 ook werk vir die speenkalwers op reste?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights