Sonneblomkaf met kankerroos besmet

Vraag:

Ek het sonneblomkaf bekom wat vol kankerroos (Xanthium strumarium) sade is en ek verstaan dat hierdie sade giftig is. Ek wil weet of daar 'n manier is om hierdie kaf as veevoer te gebruik.

Antwoord:

Kankerroos (Xanthium strumarium) en Boetebossie (Xanthium spinosum) behoort beide aan die Xanthium-spesie. Hulle is giftige plante met talryke klein vrugte (sade) met klitsdorings wat maklik in wol of bokhaar vashaak. Wol en bokhaar wat met hierdie onkruide se saad besmet is, word baie erg op grond van prys gepenaliseer omdat dit 'n baie duur proses is om dit verwyder. Boetebossie is geproklameer vir verpligte uitroeiing. Spanne arbeiders is destyds gebruik om boetebos en kankerrroos langs die Olifants-, Elands-, Middel-Letaba-, Levubu-, Steelpoort- en Selonsrivier in die Transvaalse bosveld te bestry.

Daar is nie 'n manier hoe hierdie besmette kaf as veevoer gebruik kan word nie. Met die maal van die kaf is die kanse goed dat van die sade gebreek of beskadig is en kom die gifstof vry. Volgens dr. Faffa Malan is die gifstof karboksiatraktilosied wat in die kotiledons (embrio’s in die sade van 'n plant) van die plant voorkom. Die sade veroorsaak probleme soos obstruksie en inflammasie as hulle by die opening van die skede van bulle vashaak. Kliniese tekens van vergiftiging is abdominale pyn, spierswakheid en konvulsies. Lees meer hier.

Volgens dr. Neil Fourie veroorsaak hierdie gebreekte sade wanneer dit deur diere gevreet word baie erge diarree wat tot sekondêre infeksies (inflammasie) aanleiding kan gee en selfs tot vrektes kan lei. Indien van die heel sade onbeskadig deur die dier se spysverteringskanaal beweeg, gaan dit wanneer die toestande gunstig is, ontkiem en dan die omgewing met hierdie onkruide besmet.

16 Maart 2012

16 Maart 2012

602 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights