Spoorelementbenodigdhede van vleisbeeste
Spoorelemente is absoluut essensieel in diëte vir vleisbeeste om optimale produksie en reproduksie te verseker. In onderstaande tabel word die spoorelementinhoud van vleisbeesdiëte aangegee soos aanbeveel deur die NRC (1996).
Spoorelementbenodigdhede en maksimum verdraagsaamheidsvlakke van vleisbeeste.
(In dpm op ‘n droë-materiaal-basis in totale rantsoen)
|
Benodigdhede-Aanvullend
|
|
Spoor
element
|
Groei en afronding
|
Drag-
tigheid
|
Vroeë
laktasie
|
Maksimum
verdraagsame
vlakke
|
|
Jodium
|
0.5
|
0,5
|
0,5
|
500
|
|
Kobalt
|
0,10
|
0,1
|
0,1
|
10
|
|
Koper
|
10,0
|
10,0
|
10,0
|
100
|
|
Mangaan
|
20,0
|
40,0
|
40,0
|
1000
|
|
Selenium
|
0,10
|
0,1
|
0,1
|
2
|
|
Sink
|
30,0
|
30,0
|
30,0
|
500
|
Produsente moet altyd spoorelementaanvulling met hulle voedingskundige/veearts bespreek. Veral die insluiting van spoorelemente in lekke moet met kundiges bespreek en korrek geformuleer word.
Indien die drinkwater/weiding van die omgewing hoë vlakke antagoniste soos kalsium, yster en/of swael bevat, moet hoër as normale vlakke spoorelemente aangevul word.
Yster moet slegs aangevul word indien daar sekerheid is dat die omgewing wel ‘n ystertekort het. Onder normale omstandighede neem herkouers gewoonlik genoegsaam tot te veel yster vanuit weiding en voere in.
Weens die groot variasie in lekinname tussen diere en die teenwoordigheid van antagoniste in drinkwater en weiding/voere word aanbeveel dat produsente altyd ‘n goeie orale spoorelementaanvullingsprogram met spoorelementinspuitings voor kritiese tye soos kalwing, paring, jong aktiewe groei, stres, ens, kombineer. Inspuitbare spoorelemente verseker dat elke dier optimale spoorelementfunksies op ekonomies kritiese tye sal hê.
24 Augustus 2011
Lees ook: