Die volgende boeke bevat tabelle wat die voedingsbehoeftes van melkbokke aangee:
1. "Nutrient requirements of Small Ruminants" (2007) wat deur die "National Research Council (NRC) of the National Academies" uitgegee word.
2. "The nutrition of Goats," by the AFRC Technical Committee on Responses to Nutrients, Report No. 10 (1998).
3. Inligtingsbronne en name van boeke is ook op die internet beskikbaar. Google die volgende sleutelwoorde "Nutrition Dairy Goats."
Die volgende kragvoeraanvulling gee baie goeie resultate:
500 kg gemaalde mielies
15 kg voerkalk
10 kg Rumevite P12
350 kg Voermol Procon
100 kg Voermol Maxiwolkonsentraat
975 kg TOTAAL
Voer hierdie kragvoeraanvulling vanaf ses weke voor lam teen 400 tot 500 g/bokooi/dag saam met ad lib. goeie gehalte weiding of ruvoer. Hierdie kragvoeraanvulling kan teen 300 tot 400 g/liter melk geproduseer/dag gedurende laktasie in twee gelyke porsies (helfte in oggend en die ander helfte gedurende die laatnamiddag) gevoer word tot 'n maksimum van ongeveer 1 kg/bokooi/dag saam met ad lib. goeie gehalte lusernhooi.
29 Augustus 2010