Suikerriet “tops” word al jare plaaslik sowel as oorsee as 'n ruvoerbron vir beeste gebruik, veral tydens droogtetoestande wanneer ander ruvoer beperk of onbekombaar is. Suikerriet “tops” is die gedeeltes wat op die land agterbly nadat die suikerriet verwyder is. Dit word as 'n laegraadse ruvoer beskou omdat dit weens 'n hoë lignieninhoud laag verteerbaar en laag in voedingstowwe, veral proteïen is.
Groen suikerriet “tops” het die volgende chemiese samestelling op 'n droë materiaalbasis:
Droë materie: 18 – 21 %
Ruproteїen: 4.1 – 5.0 %
Ruvesel: 33.1 – 35.6 %
TVV: ± 44.0 %
Wanneer die suikerriet “tops” begin droog word, moet dit soos enige ander laegraadse ruvoer met proteïenlekke (bv. Voermol Premix 450; Rumevite Ekonolek of Beesblok) vir beeste aangevul word. Dit word aanbeveel dat 'n produksielek (bv. Voermol Produksielek of Energieblok) as 'n prikkelvoer vanaf drie weke voor die paarseisoen vir 63 dae vir koeie gevoer word, asook vir lakterende koeie en jong groeiende verse.
Indien jong groeiende suikerriet bewei word, moet beeste 'n aanvulling van Voermol Supermol ontvang.
Raadpleeg Voermol se webblad (www.voermol.co.za) of sy nuutste produkhandleiding oor meer inligting rakende die produkte, asook voedingspeile daarvan.
6 September 2010