Die normale aanbeveling is minstens een tot 1½ uur per dag waarna hulle na die droë veld met 'n onderhoudslek gaan.
Op volop droë weiding kan een van die volgende onderhoudslekke (100 tot 180 g/ooi/dag) voorsien word:
(1) Rumevite Ekonolek (V11147).
(2) 250 kg Voermol Winslekkonsentraat (V17865) + 50 kg gemaalde mielies, heel garspitte of Voermol Melassemeel (V1995) + 100 kg sout.
(3) Voermol Proteïenblok (V10448).
Indien die droë weiding skaars is of as die aanbevole onderhoudslekke nie die voorgeskrewe massatoenames, veral in die geval van jongooie, handhaaf nie, kan een van die volgende produksielekke (250 tot 350 g/ooi/dag) voorsien word:
(1) 700 kg Rumevite Ekonolek + 300 kg gemaalde mielies of heel garspitte.
(2) 400 kg Voermol Winslekkonsentraat + 400 kg gemaalde mielies of heel garspitte +
150 kg sout.
(3) Voermol Energieblok (V11456) of Voermol Produksielek (V10108) of Voermol Maxiwol Produksiekorrels (V15415).
Indien die diere nie met bogenoemde lekke hulle kondisie handhaaf nie, moet die weityd verleng word. Laatdragtige en lakterende ooie moet langer weityd (minstens 3 ure) toegelaat word met 'n Maxiwollek (200 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 250 kg gemaalde mielies + 50 kg sout) teen 300 tot 500 g/ooi/dag. Indien die ooie se melkproduksie nie na wense is nie moet die weityd verleng word.
25 Junie 2010