|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
'n Boer wil weet of 'n ongeoeste ertjieland gebruik kan word as voerkraal vir lammers?
Vraag
Ertjies is 'n gewas wat goed inpas in ons wisselbou met koring. Die probleem is om ertjies ge-oes te kry. Die kans is goed dat die stroper beskadig kan word gedurende die oesproses as gevolg van klippe wat in die stroper beland.
Kan ek nie my lammers ( 3-4 maande oud) die oeswerk laat doen nie? Daar sal tussen 1 - 2 ton pitte/ha op die land wees. Wat van suurpens en bloednier? Sal jy hulle oor tyd moet aanpas op die ertjies? Hulle kry reeds 'n mengsel van gars en konsentrate as byvoeding. - JP Delport (jpdelport@telkomsa@net)
Antwoord:
Om suurpens te beperk, moet die lammers as volg stadig en geleidelik deur middel van beperkte weityd op die ongeoeste ertjieland aangepas word:
Dag 1 - 2: 15 minute (tyd per dag)
Dag 3 - 4: 30 minute
Dag 5 - 6: 45 minute
Dag 7 - 8: 60 minute
Dag 9 - 10: 1¼ uur
Dag 11 - 12: 1½ uur
Dag 13 - 14: 1¾ uur
Dag 15: Wei permanent
Vir beperking van suurpens, om tekorte aan te vul en om die groeiprestasie van die lammers te verbeter, moet Voermol Molovite ad lib. (200 - 300 g/lam/dag) eenkant in bakke bygevoer word. Hoe meer gereeld vars voorraad Molovite gevoer word, hoe beter is die inname daarvan.
Dit is baie belangrik dat die lammers 'n baie goeie immuniteit teen bloednier asook ander klostridiale siektes wat die dermkanaal aantas, moet hê. Lees gerus meer in vorige vrae oor dié onderwerp.
18 Januarie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24