Navraag oor beleggingsopsies

Vraag:

Ek wil graag kommentaar van die lesers ook hoor. Ek het R300 000 wat ek in iets wil bele, ek is uit idees uit, kan iemand my bietjie raad of idees gee wat om te doen om met die geld n redelike inkomste te skep.

Antwoord:

Dit is teen die FAIS wet (Wet of Finansiële Advies en Tussengangerdienste) vir ongeregistreerde persone om beleggingsadvies te gee. Op ’n blog gaan jy in elk geval dieselfde advies kry as dié om ’n braaivleisvuur ná 'n rugbywedstryd. Ek raai jou aan om ’n behoorlik gemagtigde beleggingskonsultant op te soek en goeie professionele advies vir jou belegging te kry.

Geskryf deur dr. Philip Theunissen (philip@computus.co.za)

1 Augustus 2012

1398 keer gelees | 1 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Isak Taljaard

2012/10/24 12:12:10 PM

Dr Philip ek weet wat sou ek met die bedrag sal doen en dit is`n belegging maak in eiendomme bv `n deposito op `n eiendom en dit laat verhuur. Jammer ek is nie gekwalifisserd konsultant/makelaar nie ek is net `n boer en het `n bietjie besigheid op `n dorp. Ek het jare gelede gelukkig in eiendomme begin bele en dit was die beste belegging wat ek kon doen. Ek het weer so min as moontlik van my eie kapitaal gebruik en v/d bank se lenings gebruik maak. Nie die rand/dollar, Amerika wat nies en Zuma wat iets doen/se, droogtes,kunsmis/diesel pryse wat weg hardloop kan iets aan my eiendomme doen nie. Net die rente koerse is `n faktor. Huurders van eiendom is nie eers `n faktor nie. Ek maak die keuse en niemand anders nie indien ek `n eiendom wil koop.Ek maak gebruik van eiendoms kundiges en ek betaal hulle ook vir hulle diens. Ek is elke dag spuit ek het nie vroeer in my lewe begin koop en verhuur nie. Ongelukkig het ek ook 17 jaar gelede `n R2000.00/mnd in Old Mutual bele vir 15 jaar lank en toe dit moet uitkeer en het ek begin bekommerd raak nadat van ander boere my vertel hulle kry nie nie eers al die geld uit wat hulle ingesit het nie. Die opbrengs was so swak ek kon beter rente by die banke gekry het. Daardie dag het ek alles ontrek uit Old Mutual en slegs ons lewens polisse behou. Self my kinders se studie polisse het ek ontrek en gebruik vir `n deposito op `n eiendom wat ons gekoop het. En wat se die die makelaar v/d swak groei oor die 15 jaar, hy trek net sy skouers op. Ek koop en verhuur die eiendom sodat die huurder my help af betaal aan my en my kinders se eiendom. Jy moet `n kopskuif maak met eiendom want jy moet tyd en geduld he. Ek moet se dit is die moeite werd. Geen ander belegging gaan vir jou beter waarde in geld oor 20 jaar gee nie. Wat lekker is v/d eiendom ons kinders is deel daarvan ons leer hulle en maak hulle deel daarvan. Dit is tasbaar en jy verseker dit tog by versekerins maatskappye. Ek het so twee mnde gelede weer `n woonstel vir my seun gekoop wat volgende jaar by kovsies gaan studeer en ek moet se dit is nie meer maklik om by banke lenings te kry nie maar vir my bly dit `n uitdaging want ek het `n plan met my eiendommme. Eiendom het `n paar reels en indien jy dit verstaan en toepas sal jy nie spyt wees nie. Indien jy meer inligting verlang epos my by isak@hope.co.za

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights