Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

Vraag:

Het so 14 ha naby Bloemfontein met baie water en wil weet wat 'n goeie belegging sal wees om daar te begin om te plant , skape , beeste voerkraal?

Antwoord:

Dit is baie moeilik om vir jou advies te gee omdat mens nie al die inligting het nie. Ek kan twee stukkies advies gee. Gaan doen eerstens marknavorsing om te kyk watse behoefte aan plaasprodukte in jou onmiddelike omgewing is.

Dit help nie om iets te produseer wat alreeds in oorvloed voorsien word nie.
Tweedens moet jy op so klein stukkie grond iets produseer wat jy intensief mee kan boer. 'n Voerkraal is beslis 'n opsie maar as jy genoeg water beskikbaar het kan jy na groenteverbouing in tonnels ook kyk. Voerkrale en tonnels gaan egter nog verdere kapitale investering verg.

* Geskryf deur dr. Phillip Theunissen. philip@computus.co.za

4 Mei 2012

3 Mei 2012

4908 keer gelees | 6 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Anoniem

2012/06/08 08:13:02 AM

Pekaneute. Opbrengs egter eers oor so 5/6 jaar


anoniem

2012/06/14 06:21:44 PM

plant lusern onder besproeiing


wbfc

2012/07/14 07:21:49 AM

Anoniem wat "Lusern onder besproeiing" voorstel: Ek het 4 hektaar in die Wes-Kaap langs die Groot-rivier. Puik grond en genoeg krag en water. Ek het 2 opsies: 1. Verhuur die grond aan iemand wat lusern daar verbou en 2. Verhuur aan iemand wat n voerkraal daar bedryf. Vraag 1: wat se tipe huur is markverwant . Vraag 2 Is dit beter om in JV te werk met die persoon wat huur vir winsdeling. Hoor graag kommentaar en advies


SFS

2012/07/17 12:51:55 PM

Oorweeg dit om n Spruit Fabriek aan te skaf ,saam met lusern /tef kan jy heelwat bees aanhou op 14 hektaar grond afhangende van hoeveel water jy het. Gaan kyk gerus na www.sproutfeedingsystems.co.za

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights