Ek en my pa beplan om volgende jaar saam te begin boer. Ons is aanbeveel deur 'n finansieële adviseer om 'n BK te stig. Volgens die antwoord op 'n vorige vraag oor BK's is dit nie meer moontlik om 'n BK te registreer nie. Ek wil graag weet wat is ons opsies nou. Ons is veeboere in die Karoo.
Die nuwe maatskappywet sou al in Julie 2010 in werking getree het, maar dit is nogmaals uitgestel. So totdat dit in werking tree is daar nog kans om 'n BK te stig. Daar is ook sogenaamde rak-BKs beskikbaar. Dit is BK's wat lankal reeds gestig is maar nog nie geaktiveer is nie. Skakel die naaste SAIPA of SAICA rekenmeester/ouditeur wat vir jou 'n BK kan stig of 'n rakmaatskappy kan aktiveer.
Geskryf deur dr. Philip Theunissen philip@computus.co.za
3 September 2010