|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Kan u ons meer inligting gee ivm die nuwe wetgewing ten opsigte van Beslote Korporasies en wanneer die wet inwerking gestel is.
Die nuwe Maatskappywet, Wet 71 van 2008, is deur die President in April 2009 geteken en reeds in die Staatskoerant gepubliseer.
Die Wet staan bekend as die Maatskappywet 2008 en is van krag van ’n datum af soos wat die President, deur kennisgewing in die staatskoerant mag vasstel, moontlik vanaf 1 Junie 2010. Tot dan sal jy steeds nuwe BK's kan registreer en omskakelings tussen BK's en Maatskappye kan doen.
Die wet sal die huidige Maatskappywet, Wet 61 van 1973, vervang en die Wet op Beslote Korporasies, Wet 69 van 1984, wysig. Let wel, dit herroep nie die BK-wet van 1984 nie, maar laat nie meer nuwe BK-registrasies toe nie.
Bestaande BK's sal as sodanig kan voortbestaan na die inwerkingtreding van die nuwe wet. Van die ander veranderings wat die wet teweeg sal bring is die wegval van die ouditvereistes vir kleiner maatskappye en strenger riglyne vir die bestuur van maatskappye deur sy direkteure. Die stigtingsprsedure vir maatskappye sal vereenvoudig word.
Die Statuut en Akte van Oprigting word in die nuwe Wet deur een dokument, die Akte van Inlywing vervang.
Geskryf deur dr. Philip Theunissen, philip@computus.co.za
5 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24