Wat dink julle dan van "Plan-A-Head" as boerdery bestuurs sisteem bo die verouderde Finvloei en ander?
Hierdie een is 'n moeilike een want hier is handelsmerke by betrokke. Ek moet bieg dat ek nog nooit direk of indirek met Plan-A-Head se stelsels te doen gehad het nie. Na my beste wete is dit in 'n ander land ontwikkel en word dit nou in SA bemark. My persoonlike opinie is dat ek by die lang beproefde plaaslike stelsels sal bly.
Geskryf deur dr. Philip Theunissen philip@computus.co.za
3 Augustus 2010