|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek trek einde Maart hierdie jaar na 'n plasie toe in die Heidelberg omgewing en ek en my verloofde sal baie graag wil begin boer.
Ek het groot geword met my oupa se bokke op sy plaas en verstaan so 50% van die voor en nadele van boer met hulle.
My verloofde wil baie graag met varke begin boer (speenvarkies aankoop en op 'n tien weke? basis weer verkoop).
Ek het so bietjie nagelees oor die varkboer bedryf en dit voel al asof dit 'n moeiliker bedryf is?
Het jy groot asb raad oor wat die beste beginpunt is? En wat is die beste tussen skape en bokke om mee te begin?
En, as mens dan met varke begin, is dit beter om 2+ vark soE aan te skaf en die werpsels te verkoop of om speenvarkies AAN TE KOOP en weer op tien of 8 weke te VERKOOP?
En as ek op bokke besluit, aan wie verkoop ek bokke? Sekerlik is 'n vendusie nie die enigste afset punt nie?
En hoe benader mens iemand nou weer om varke van jou hande af te neem op 'n VASTE WEEKLIKSE BASIS - wie nader jy eerste?
Ek weet dit is baie vrae en ek vra dit sommer deurmekaar ook - maar my kop is al mal gewik en geweeg.
Ek moes al lankal 'n besluit gemaak het maar dink die risiko wat met beide betrokke is hou my nog bietjie terug.
Help asb!
Ek is verskriklik dom met bokke, behalwe dat ek weet dat hulle minder moeite as skape is en 'n goeie reporduksievermoë het. Oor varke het ek wel al kliënte gehad wat goeie produksiestelses gehad het wat weekliks 'n aantal varkies produseer.
Die probleem met beide bokke en varke is dat jyself 'n mark vir jou produkte sal moet vind omdat beide redelike nismarkprodukte is. Jy sal ook vir 'n redelike termyn moet ooreenkom hoeveel jy weekliks gaan lewer en teen watter prys.
Die probleem wat telkens my kliënte se varkstelsel verongeluk het, is dat die pryse geweldig siklies is, m.a.w. baie op en af. Nes die produksiestelsel goed funksioneer val die pryse só dramaties dat dit nie die moeite werd is om aan te gaan nie en nes die stelsel weer gestop is, styg pryse weer. Omdat varke goed produseer, bykans 10 kleintjies elke vier maande, kan jy jouself telkens in 'n posisie vind dat jy met bemarkbare varke sit wat jy teen 'n weggeeprys moet verkoop. Die produksiestelsel kan dus baie effektief werk maar jy sal self 'n afsetgebeid vir jou varke moet kry.
Geskryf deur dr. Philip Theunissen. philip@computus.co.za
16 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24