Ekonomie van varkboerdery

Vraag

Ek wil op klein skaal met varke boer. Is daar enige ekonomiese slaggate waarin ek kan trap?

Antwoord

Deur: Dr. PHILIP THEUNISSEN

Ek het op 'n stadium 'n kliënt gehad wat met varke geboer het. Mens kan baie akkuraat somme oor die voerkoste maak en baie maklik 'n sisteem aan die gang kry wat vir jou elke week 10 bemarkbare varke oplewer. Die probleem is egter as jy die sisteem aan die gang gekry het, gooi hy elke week 10 varke uit en daar is altyd 'n sog iewers in die proses wat gedek moet word, wat dragtig is, of wat varkies soog. As varkpryse én mieliepryse teen jou draai vat dit 3 maande om die sisteem gestop te kry. Die gevolg is dat die boer baie uitgelewer is aan prysskommelinge en hom dan gereeld in 'n situasie bevind waar of die mielieprys te hoog is of die vrakprys te laag is. My kliënt het sy varkboerdery gevolglik gestaak en maar op skape en beeste gekonsentreer. 

Geskryf deur: dr. Philip Theunissen (philip@computus.co.za)
 
13 Januarie 2010

Addisionele dokument

2.333335
Gemiddeld: 2.3 (3 votes)
Jou gradering: Geen