Emoe, Skape of Bokke ?

Vraag

Ek het so 4 ha hoewe en so 366 ha op die plaas, tans word dit vir niks gebruik nie, ek wil graag begin boer. Ek het voorheen skaape en Bokke gehaad, maar dit is gesteel toe ons weg was,
Ek het dit nou oorweeg om met Emoes te boer, het nou nog nie besluit nie. My vraag is, vir wat gaan dit vir my die beste wees om as 'n "side line" mee te boer? Emoe, Skape of Bokke.

Antwoord

Deur: Dr. PHILIP THEUNISSEN

Ek moet eerstens bieg dat ek al foto's van emoes gesien het maar nie 'n idee het hoe die ekonomie van so 'n boerdery inmekaar steek nie. As dit nie maklik gesteel kan word nie is dit egter al klaar 'n pluspunt. Die 4 ha hoewe is baie klein om op te boer. Ek gaan dus op die 366 ha fokus omdat ek aanneem dat jy ekstensief daarop kan boer, veral as jy deeltyds wil boer.

Nr een by enigiets waarmee jy wil boer is om te kyk of jy 'n mark kan skep vir jou produk. So emoes, skape of bokke kan aldrie werk as jy 'n mark daarvoor het. Dan moet jy uiteraard kyk watter een se som klop die beste. Laastens moet jy kyk watter faktore jy nie sal kan beheer nie om jou begroting te laat klop. As diefstal dus op een van die alternatiewes jou kan pootjie, moet jy voorkeur gee aan dié een wat dit nie het nie. Kyk ook na ander faktore soos vrektes wat dalk die som kan beïnvloed.

Geskryf deur dr. Philip Theunisen philip@computus.co.za  

31 Augustus 2010
 

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen