|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Hoe en waarna kyk 'n mens as jy 'n lopende saak (boerdery-eenheid) wil evalueer?
Vraag:
Hoe en waarna kyk 'n mens as jy 'n lopende saak (boerdery-eenheid) wil evalueer? Watter riglyne is daar vir opbrengs op kapitaal/skuld, last en bateverhoudings, ens? - Adriaan (aolivier@kleinkaroo.com)
Antwoord:
Ek is nie seker waarmee jy wil boer nie en kan jou gevolglik nie direk na iemand toe verwys nie. In die goeie ou dae het bykans elke landbou-koöperasie 'n voorligtingsdiens gehad wat in 'n spesifieke gebeid vir jou hierdie inligting kon gee. Hierdie goeie ou dae is ongelukkig nie meer met ons nie en jy sal maar moet snuffel om hierdie inligting in die hande te kry.
Soek eerstens op die Internet rond vir alghemen riglyne. Amerikaanse universiteite het gewoonlik 'n magdom algemene riglyne beskikbaar. Vra ook in die omgewing rond of daar nie 'n studiegroep of 'n leierboer is wat jou kan help nie. Dalk is daar nog 'n iemand van landboutegniese dienste of 'n afdeling van die landbounavorsingsraad in die omgewing. Die punt is daar is 'n goeie kans dat sulke inligting wel bestaan. Jy sal net bietjie moet speurder speel om dit te kry.
As jy na 'n lopende saak kyk moet jy jou eerstens afvra waarom die huidige eienaar wil verkoop. Tweedens moet jy jouself afvra of jy beter kan doen as die huidige eienaar. Jy moet dan die plaas se produksiekapasiteit bepaal: hoeveel hektaar van elke gewas, hoeveel grootvee-eenhede, ens.
Dan moet jy 'n som maak vanaf die netto wins van elke vertakking en kyk of dit voldoende is om jou vaste koste en jou geleende kapitaal te kan dek. Boerdery se rentabiliteit vanuit 'n produksie-oogpunt is maar laag maar as jy die lewenswyse en die beleggingsgroei (grond se waarde hou aan styg) in aanmerking neem lyk die som beter.
3 Junie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24