Finansies

Finansiering van boerdery om te begin

Vraag

Graag wil ek meer uitvind of inligting hê rakende boerderyfinansiering vir iemand wat van die grond af wil begin boer. Ek praat nou van finansiering vir 'n intensiewe skaapboerdery 1. Plaas koop of huur 2. Infrastruktuur 3. Vaste Bates (Feedgrow-kas) 4. Bedryfsbates (teelvee) 5. Bedryfsbates (voervee) Watter instansies kan my help en wat sal die termyne wees vir elk van die punte waarvoor 'n lening aangegaan moet word?

Antwoord

1) Landbank of termynlenings van tot 10 jaar by handelsbanke. Geen lenings om vir grondhuur te betaal nie.
2) Bitter min lenings beskikbaar net vir infrastruktuur tensy jy dit by plaaskoop kan insluit.
3) Los bates (Voerboer, trekkers, ens) huurkope by banke.
4) Slegs Landbank gee suiwer veelenings vir teelvee.
5) Oortrokke bankrekening by handelsbanke.

Die twee hoof-oorwegings vir banke vir enige van bogenoemde lenings is eerstens sekuriteit en tweedens terugbetaalvermoë. Jy gaan nêrens ‘n 100% lening vir al die bates kry om ‘n boerdery “van die grond af” te begin nie. Jy sal ‘n gedeelte self moet kan voorsien, hetsy in kontant of dan ander bates wat reeds afbetaal is, as sekuriteit te gee.

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen, landbou-ekonoom en forensiese rekenmeester van Computus, Bethlehem.

26 September 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.