Menu

Finansiering vir 'n eenmansaak

Vraag:

Hoekom is finansiering vir 'n eenmansaak-onderneming so moeilik in Suid-Afrika?

Antwoord:

Vraag:
Wat is 'n eenmansaak onderneming en hoekom is finansiering vir hierdie onderneming moeilik in Suid Afrika? - Philippus Swartz (philippus_swartz@yahoo.com)

Antwoord:
Hier is 'n uiteensetting van die verskillende besigheidsvorme:
Eenmansaak
Die eenmansaak bestaan waar die boer alleen in die besigheid is. Dit bied absolute onafhanklikheid ten opsigte van besluitneming en kan veral geskik wees waar die wins nie so hoog is nie. In sulke gevalle is daar ook heelwat belastingvoordele hoewel die marginale inkomstebelastingskaal van 40% tog nadelig kan wees as die belasbare inkomste meer as R300 000 per jaar beloop.

Vennootskap
'n Vennootskap tussen twee of meer persone is die eenvoudigste manier om kapitaal, risiko, wins en bestuursverantwoordelikhede te deel. Dit is maklik en vinnig om op te rig en word gewoonlik baie tussen pa en seun gebruik. Die belastingvoordele is soortgelyk aan dié van eenmansake omdat die vennote in hulle persoonlike hoedanigheid en nie die vennootskap nie, inkomstebelasting betaal. Hoewel 'n vennootskap gewoonlik met 'n vennootskapsooreenkoms tot stand kom, kan dit in die oë van die wet ook daarsonder bestaan.

Beslote korporasie/maatskappy
'n Beslote korporasie of 'n maatskappy is 'n regsentiteit op sy eie. Die vernaamste verskil tussen die twee is dat 'n beslote korporasie slegs natuurlike persone (tot 'n maksimum van tien) as eienaars (lede) mag hê terwyl 'n maatskappy ook nie natuurlike persone (dus ook ander maatskappye of trusts) as eienaars kan hê. Die lede en aandeelhouers staan los van die besigheid en is beperk aanspreeklik ten opsigte van laste sowel as bates, van die beslote korporasie of maatskappy tensy hulle deur middel van borgstelling daartoe verbind word. Die belastingvoordele van beslote korporasies of maatskappye, veral dié wat as klein- en medium sake-ondernemings kwalifiseer, is tans die voordeligste van die vier besigheidsvorme.

Trust
Baie handboeke maak geen melding van trusts as besigheidsvorm nie en tog word verskeie boerderye ten volle of gedeeltelik in trusts bedryf. 'n Trust gaan in wese oor die beheer van bates namens begunstigdes en is veral gewild in die geval van minderjarige erfgename. Hoewel dit verskeie voordele by erfopvolging inhou, is dit uit 'n inkomstebelastingoogpunt die mees benadeelde besigheidsvorm.

Dit is inteendeel moeiliker om vir die ander vorme finansiering te kry omdat hulle regspersone en nie natuurlike persone is nie. Gevolglik word die eienaars gedwing om borg vir die besigheid te staan. Finansiering gaan baie meer oor die beskikbare sekuriteit as oor die besigheidsvorm self.

  • Geskryf deur dr. Philip Theunissen, www.computus.info

    2 Maart 2007

    2 Maart 2007

    5303 keer gelees | 0 kommentaar

  • Kommentaar
    Slegs in Afrikaans

    Naam Kommentaar
    E-pos
    Tik in die nommers  

    Vind jou perfekte maat nou!

    Ek is 'n:
    Stel belang in:
    Ouderdom: tot
    Huidige
    Ligging:
    Wys net profiele met foto's

    Teken in vir die nuusbrief

    Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

    Lewende Hawe

    Soort 08/04/14 15/04/14 %
    Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
    Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
    Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
    Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
    Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

    Aandele

    • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

      Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

    • Sussex se Elite-koeie

      Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

    • Beefmasters se Elite-koei

      Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

    • Drakensbergers se Elite-koei

      Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.