As huurder pas R/ha my beter . Ek kan my kontantvloei beter doen. Deel oes kan 'n goeie verhouding gou opmors, maar die verhuurder deel in risiko. As die verhuurder net grond bydra en deel oes inplaas van per hektaar soek, is daar riglyne ?
Daar is nie regtig riglyne nie. Maak eers jou som oor wat jy bereid is om aan huur te betaal. Probeer dan die afgelope vyf jaar se gemiddelde oesopbrengs van die lande in die hande te kry. Maak dan 'n som teen gemiddelde opbrengs en verwagte graanpryse vir die lande. Werk die huurbedrag dan uit as persentasie van die opbrengs.
Onthou net dat jy hier twee veranderlikes het wat uiteindelik die werklike bedrag gaan bepaal naamlik opbrengs én prys. In die geval van huur is daar geen veranderlikes nie. Die voordeel vir jou is dat die deeloes minder gaan wees in swakker jare terwyl dit meer gaan wees in goeie jare met die veronderstelling dat jy in goeie jare geriefliker die hoër deeloes sal kan betaal.
Dr Philip Theunissen
www.computus.co.za
Finansiële & Forensiese rekenmeesters
Tel.: 058 3039640
5 Februarie 2010