Kontrakte vir baalwerk?

Vraag

Ek wil graag meer inligting werf vir kontrakwerk aan boere vir baalwerk. Is daar n aanvraag vir hierdie diens. Ek wil graag my eie besigheid begin.

Antwoord

Daar is 'n besliste vraag na baaldienste. Baaltoerusting is nogal duur en daar is 'n aantal boere wat net te min aangeplante weiding het om 'n volledige stel toerusting vir hulle self te regverdig. Die probleem met die diens wat jy beplan is net dat die tydsgleuf waarin jy dit kan aanbied baie beperk is.

In die Oos-Vrystaat wil almal tegelyktydig byvoorbeeld einde Desember vroeg Januarie voer sny en baal. Jy gaan dus tien boere hê wat jou diens wil gebruik maar jy kan net een diens. Jy sal dus na ander opsies ook moet kyk soos om vir boere oesreste ook te baal of om dalk 'n kuilvoerkerwer ook aan te skaf sodat jy reg deur die jaar verwante dienste kan aanbied. Weer eens is daar na my mening beslis 'n behoefte aan sulke dienste. Laai gerus Computus se meganisasiegids af by www.computus.co.za waarin jy 'n aanduiding kan kry oor die koste van die verskillende bewerkings.

Geskryf deur dr. Philip Theunissen,
www.computus.co.za

9 Februarie 2010

Addisionele dokument

5
Gemiddeld: 5 (1 vote)
Jou gradering: Geen