Minimum lone vir plaaswerkers

Vraag

Weet u dalk wat die minimum lone vir plaaswerkers in Area B is vanaf 1 Maart 2010? Ek kon niks op die Departement van Arbeid se webtuiste vind nie. Dankie.

Antwoord

‘n Verhoging in die minimum loon wat van 1 Maart 2010 van toepassing sal wees, is aangekondig. Die minimum loon verhoog van R1231,70 tot R1316,69. Dit verteenwoordig ‘n 6,9% verhoging in die vergoeding van plaaswerkers.

Me. Elize van der Westhuizen, bestuurder: menslike hulpbronne van Agri SA, skryf in dié organisasie se nuusbrief die minimum loon is gebaseer op ‘n 45 uur werksweek. Indien ‘n werker minder as 45 ure ‘n week werk, kan die loon uitgewerk word deur R303,84 per week of R6,74 per uur te gebruik vir die berekening. Daar mag nie meer as 10% van ‘n werker se loon verhaal word vir kos en 10% vir behuising nie. Geen ander geld mag verhaal word vir elektrisiteit, water of enige ander dienste wat gelewer word nie.
 

15 Februarie 2010

Addisionele dokument

4.285715
Gemiddeld: 4.3 (7 votes)
Jou gradering: Geen