|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek is op soek na 'n kontrak wat ek kan gebruik om plaaswerkers 'n permanente pos aan te bied. Die kontrak moet dit duidelik stel dat hulle verblyf op die plaas net geld solank hulle indiens is op die plaas en dat geen ander vriende of familie toegelaat sal word op die plaas nie. Die kontrak sal in Engels moet wees aangesien die werkers nie Afrikaans verstaan nie. Enige ander hulp in verband met so 'n kontrak sal baie waardeer word. Baie dankie
Arbeidsaangeleenthede is deesdae 'n baie gespesialiseerde veld. Ek raai jou aan om 'n arbeidskonsultant op te spoor om jou met jou kontrak te help. Daar is verskeie sulke konsultante in die landbou werksaam. Begin by die georeganiseerde landbou-instelling in jou gebied soos Vrystaat Landbou of Agri Wes-Kaap. Hulle sal jou na sulke persone kan verwys.
Geskryf deur dr. Philip Theunissen, philip@computus.co.za
7 Junie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24