Menu

Safex mielie pryse

Vraag:

Wat is die doel van Safex as ek nie mielies teen die daaglikse geadverteerde prys kan koop nie?

Antwoord:

Dit maak nie vir my sin as jy sê dat jy nie mielies teen geadverteerde Safex pryse kan koop nie. Safex se pryse is juis pryse wat tussen verkopers en kopers tot stand kom. Dit is 'n prys wat Randfontein as plek van aankoop veronderstel en jy as koper moet beslis minder as Safex se prys betaal as jy dit by 'n plaaslike verskaffer aankoop omdat daar 'n liggingsdifferensiaal by die prys ingesluit is. Jou probleem lê dalk by die "geadverteerde" prys. Onthou daar is 'n dagprys en dan ook 'n maandprys vir etlike maande vooruit. As jy net na die geadverteerde pryse op TV kyk gaan jy beslis nie graan op die spesifieke dag teen daardie prys gekoop kry nie. Die TV-prys kan byvoorbeeld 'n prys van ses maande in die toekoms wees terwyl die dagprys heelwat duurder is. Maak dis baie seker jy kry 'n dagprys by 'n Safex makelaar voordat jy 'n graanverkoper nader om graan aan te koop en maak ook seker hy gee jou die voordeel van die vervoerdifferensiaal.

20 April 2009

4923 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 15/04/14 22/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3446c 3452c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1719c 1726c down 0.4
Skaapvleis A2/A3 4709c 4730c down 0.4
Varkvleis (gem. prys) 2132c 2119c down -0.6
Braaikuikens 1721c 1729c down 0.5

Aandele